Wees nie bevrees nie

Posted August 13, 2008 by Roer
Categories: Algemeen

Ek sit nou net en filosofeer oor die se^ding “a life lived in fear, is a life half lived“, toe ek hiervan hoor. WTH?!

Die humor in die ism

Posted August 12, 2008 by Roer
Categories: Algemeen

Die gat in die ism

Posted August 9, 2008 by Roer
Categories: Geloof, Politiek

Tags: ,

“…postmodernism, which helps to explain further how families, and especially how boys, came to be in such a mess. This system of thought, also called moral relativism, teaches that truth is not only unknowable from God, whom postmodernism perceives as a myth, or from man, who has no right to speak for the rest of us. Rather, truth doesn’t exist at all. Nothing is right or wrong, nothing is good or evil, nothing is positive or negative. Everything is relative. All that matters is “what’s right for me and what’s right for you.” Those ideas evolve from person to person as they go along. Incredibly, some professors contend today that not even the Nazi’s extermination of 6 million “undesirables” in World War II was immoral, because the idea of morailty itself is bogus. To say that something is inherently wrong implies that a Great Judge sits somewhere in the heavens issuing ultimate values and commandments for the world. The post-modernist is convinced that no such authority exists. In the absence of a Supreme Being, tolerance becomes the “god” who endorses anything and everything except Christian beliefs. Public policies are determined by opinion polls or they are concocted from popular notions that simply seem appropriate to somebody at the moment.” Dr. James Dobson in sy boek ‘Bringing up boys

Ek is so dankbaar vir mans en vrouens wat geveg het vir my regte as vrou. Regtig, ek is. Ek is, want as vrou het ek al deur geloop onder diskriminasie. (So het ons almal op een of ander vlak. Nie net vrouens nie.) Dit was natuurlik nodig, want meeste vroue moet erken dat hulle een of ander tyd minderwaardig gevoel het, maar dit hoef gelukkig vandag nie meer so te wees nie. Ek het al oor hierdie onderwerp gepeins soos julle hier kan sien. Ongelukkig moet ek vandag op Vrouedag se^ dat ek nie van ekstreem feminisme hou nie. Gaan lees hier as jy wil weet hoe ek vandag daaroor voel. (MOre loop ek dalk ‘n chauvinist raak en dan voel ek weer anders. ;-) ) Die Here het dit wel goed gedink om vir my ‘n wonderlike man en die oulikste twee seuntjies te gee. Ietwat van ‘n probleem om alle mans te blameer en haat vir jou insecurities as jy voor jou oE die teendeel daarvoor kan sien. Dis nogal snaaks as jy daaraan dink. God works in mysterious ways indeed. Vir nou is my (let wel, MY) slotsom dat (o.a.) feminisme groot skade berokken vir gesinslewe en daai skade is veral sigbaar in ons skeihowe en in ons alleen-by-die-huis-kindertjies se ogies. Prizzey (boonste skakel) stel dit vir my perfek:

The gross injustice to men deserves our concern but save your tears for innocent women. Our daughters did not deserve the inheritance of malice and spite that my generation of women heaped upon the shoulders of men.”

So shoot me, ek is een van daai vrouens wat gesinslewe wil preserveer, want ek glo dis belangrik vir ons samelewing en dus is my prioriteit ons jeug (en veral my seuns) en ongelukkig nie ‘n onbekende vrou in die werkplek se ego nie. As feminisme slegs gegaan het oor die basiese regte van vroue soos vir alle mense, het ek geen probleem daarmee gehad nie, maar tragies genoeg gaan dit nie net daaroor nie en sal ek nie iets kan ondersteun wat ten koste van ‘n ander deel van die samelewing (mans) funksioneer en verseker verskuilde agenda’s het. Dus feminisme is na al hierdie maande se bepeinsing, vir my, nie die antwoord nie. Dit gaan my nie bring wat ek in my arrogansie as vrou dink ek verdien nie. Wedersydse respek vir mekaar gaan wel. Daar was nog altyd ongelyktheid in die we^reld en dit het nog altyd verdeeldheid gebring. Die mensdom het nou maar eenmaal baie rasse, baie etniese groepe, mans en vrouens, ens. Almal moet leer om mekaar te respekteer en dit geld vir vrouens ook.

“…This era [feminism] brought a new way of thinking and behaving that is still with us today. Never has a civilization so quickly jettisoned its dominant value system, yet that is what occurred within a single decade. Not only did traditional moral standards and beliefs begin to crumble, but the ancient code governing how men and women related to each other was turned upside down. It precipitated a war between the sexes that is still being waged these many years later. History teaches that the young and vulnerable suffer most from the ravages of war. In this case, the nation’s boys have been wounded by the ricochet. It is impossible to understand what is happening to our kids today, both male and female, without considering the influence of feminist ideology. Swirling out of it was an attack on the very essence of masculinity. Everything that had been associated with maleness was subjected to scorn. Men who clung to traditional roles and conservative attitudes were said to be too “macho” [verwys na die hele Angus Buchan saga]Although these early feminists called attention to some valid concerns that needed to be addressed [my eie bold], such as equal pay for equal work and discrimination in the workplace, they went far beyond legitimate grievances and began to rip and tear at the fabric of the family. By the time the storm had blown itself out, the institution of marriage had been shaken to its foundation, and masculinity itself was thrown back on its heels. It has never fully recovered… The bottom line is that many men have lost their compass. Not only do they not know who they are, they’re not sure what the culture expects them to be… It is time that men acted like men - being respectful, thoughtful, and gentlemanly to women, but reacting with confidence, strength, and certainty in manner… best illustrated in the story of little Jonathan Prevette, a towheaded, bespectacled six-year-old boy from Southwestern Elementary School in Lexington, North Carolina. On the playground one day, he leaned over playfully and kissed a little girl on the cheek (gasp!). A teacher observed the shocking behavior and promptly reported it to the principal. Bewildered little Jonathan, who said the girl had asked him to kiss her, was charged with “sexual harassment” and summarily suspended from school This lad, fresh out of Romper Room, had violated a tenet of liberal dogma and pad a dear price for it. Jane Martin, district spokeswoman, said with conviction, “A six-year-old kissing another six-year-old is inappropriate behavior. Unwelcome in unwelcome at any age.” This incident would be humorous if it weren’t so ridiculous. It reveals just how far the federal government, the courts, and the radical feminists have taken us in recent years… the proponents of these misguided and harmful ideas [feminism] have become social engineers who are determined to reorder the way children thinnk and to browbeat boys for being who God made them to be. That agenda is spelled out in a singel sentence within the AAUW report that reads,”School corrucula should deal directly with issues of power, gender politics and violence against women.” What this means is that boys are perceived by liberals as dysfunctional little troublemakers who grow up to be abusive and selfish men. They need to be “fixed” while they are young by reordering the way they think… Pitting boys and girls against each other as competitors cannot be healthy for anyone! “It is moronic to continue insisting that one sex is the victor while the other is the victim, which besides being untrue is dastardly in effect. Boys made to feel superfluous, if not inferior, can’t help but resent girls.”"

Bron: Dr. James Dobson in sy boek ‘Bringing up boys

Terloops, wees nie bevrees nie my susters. Ek het insigte in die toekoms danksy Star Trek en daar gaan ‘n tyd kom wat ‘n vrou wel die skip stuur. Die wiel gaan jou waarlik wraggies draai - http://en.wikipedia.org/wiki/Kathryn_Janeway.

Gelukkige Vrouedag!

Perspektief

Posted July 26, 2008 by Roer
Categories: Politiek

Tags:

My vriendin is ‘n Sjef en het haar eie spysenierings besigheid. My vriend is ‘n Bestuurder in ‘n maatskappy in die olie bedryf. My vriend is slegs opgelei in die bedryf waarin hy tans is en waarin hy al die afgelope 16 jaar in werk. Hy mag nie bevorder word nie en sy huidige skaal is die hoogste wat hy mag vorder danksy BEE. Sy swart Bestuurder het lank na hom begin werk in die bedryf. Hy kan nie sy kennis gebruik om sy eie besigheid te begin nie. My vriendin kan. Hy’t oorsee aansoek gedoen vir werk en hulle trek oor ‘n week. Hy word veroordeel.

Geen waarborg

Posted July 24, 2008 by Roer
Categories: Algemeen

Daar’s baie waarborge in die lewe. Byvoorbeeld as jy dronk bestuur kan jy maar weet jy gaan een of ander tyd jou rieme styf loop of iemand anders gaan dit ontgeld, maar niks goeds kan daarvan kom nie. Gewaarborg. Of werk hard in die gym en jy sal die vrugte pluk. Gewaarborg. Dieselfde op skool en/of Universiteit, ens. Dan is daar ander tipe waarborge. Jy koop bv. ‘n TV en kry ‘n jaar waarborg daarop. Watookal. Julle kry die prentjie. (Moenie vergeet van belasting en die dood nie. Soms loop die twee hand aan hand.)

Waarborge is handig. Dit gee ‘n mate van gemoedsrus. Dis net jammer daar is absoluut geen waarborg wanneer dit kom by ons kinders. Jy kan so mooi ‘n lewe ly soos jy wil en probeer die beste voorbeeld vir hulle wees as wat jy kan, maar ons het geen waarborg hulle sal in ons voetspore loop of dieselfde glo waarin ons glo nie. (En soms is dit ‘n goeie ding. Wie wil nou he^ Mugabe se kinders moet in sy voetspore loop.) Vra maar vir Adam of Dawid. Vra maar die Israeliete wie se kinders jare gehad het om te sien hoe hul voorouers in die woestyn hul God dien. Die feit is, ons kinders sal hulle eie keuses maak en daar is geen waarborg aan ons as hulle ouers dat ons met hulle besluite sal saamstem nie. Hulle het vrye wil. Nes ons.

Hierdie is nie ‘n morbiede inskrywing nie. Ek is nie bekommerd oor iets waaroor ek min beheer het nie en wat inelkgeval nog jare weg is (my kinders is klein). Ek is nie bekommerd nie, want daar is altyd hoop. Dit is my verwagting dat hulle die regte besluite sal maak. Spreuke 22:6 gee my hoop. HOOP, maar nie ‘n waarborg nie.

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.”

Vlieg

Posted July 18, 2008 by Roer
Categories: GrapGat, Kort storietjies

Lank gelede op ‘n plaas nie ver van hier, was daar twee vliegie broers. Een se naam was Pontius en die ander Pilatus. Pontius was teruggetrokke en Pilatus was baie stout. Pilatus se ma het, soos ma’s maar maak, altyd vir hom opgekom en gese^ hy is net onverskrokke, maar sy pa het presies geweet hoe die vurk in die hef steek en dat Pilatus eintlik rammetjie-uitnek en ongehoorsaam is. Op ‘n dag besluit Pilatus om die boer se huis te verken teen sy pa se wil en waarskuwing. Pontius wou nog keer toe vlieg boetie Pilatus verby hom reguit plaashuis toe. Pontius het geweet hier was ‘n toekomskrisis op hande en het besluit om saam met Pilatus te gaan. Al was dit dan net om ’n ogie (of ‘n honderd) oor sy broer te hou. Hulle vlieg toe verby die boer se mielielande, verby die boervrou se Ludwig rose, verby die waenhuis en reguit na die boer se kombuis, want vandaar het heerlike reuke hulle gelok. Selfs Pontius het begin dink dis glad nie so ‘n slegte idee nie. Moeg gevlieg land hulle op een van die kombuisrakke en sit vir ‘n oomblik en staar na die boervrou waar sy brood bak. Pontius was dors na al die gevlieg en het besluit om iets te soek om te drink sodra die boervrou nie kyk nie. Hy was natuurlik nie een vir kanse vat nie. Pilatus was lus vir ietsie lekkers en het dadelik besluit om iets te soek om te eet. Die boervrou het gelukkig iets in die huis nodig gehad en op daardie oomblik stap sy by die kombuisdeur uit. In die spens was ‘n bakkie met karringmelk en Pontius het sy dors daar geles. Hy’t op ‘n stadium gegly en in die karringmelk geval, maar gelukkig kon hy gou sy vlerkies droog skud. Pilatus het nie op hom laat wag nie en het dadelik afgeduik en sy sit gekry in die botterbak op die kombuistafel. So deur die proe deur het hy besluit die botter is baie lekker om in te speel, maar wat hy nie besef het nie is dat sy vlerkies ook vol botter geword het. Net toe gebeur ‘n verskriklike ding. Pilatus besef met ‘n skok die boervrou is terug en sy staan vir hom en gluur. Paniekbevange roep het hy na sy boetie Pontius vir hulp terwyl hy probeer vlieg, maar ongelukkig was sy vlerkies net te swaar en hy kon nie weg kom nie. Pontius was salig onbewus van die penarie terwyl hy lustig aan die karringmelk teug. Met eens hoor Pontius ‘n harde slag en besef hy die boervrou is terug. Hy sien hoe sy die botter, Pilatus en al, uit gooi. Geskok maar bewus daarvan dat hy nou sy eie lewe moes red, vlieg Pontius by die kombuis uit reguit na sy huis toe. Terug by die huis wou sy ma weet hoekom is hy so wit soos ‘n vlieg wat in karringmelk geval het en hy moes toe maar die saak ter berde bring en vir sy ma die verskriklike verhaal vertel van Pilatus wat sy rieme styfgeloop het. Pontius het nooit weer die plaashuis besoek nie, want hy het ‘n broertjie dood gehad aan daardie plek. Die boodskap is natuurlik dat soms is dit beter om in die karringmelk te val as wat dit is om met jou agterent in die botter te val.

Prentjie: http://www1.istockphoto.com/file_thumbview_approve/5506125/2/istockphoto_5506125_fly_cartoon.jpg

Onteienpetisie

Posted July 16, 2008 by Roer
Categories: Politiek

Vul die petisie in en e-pos dit aan info@cfcr.org.za as jy wil.  Jy kan die oorspronklike hier aflaai op die ATKV webblad. Dit lees soos volg:

 

PETISIE

 

 

Ek doen ‘n dringende beroep op president Mbeki, die regering en die ANC-leierskorps om die Wetsontwerp op Onteiening terug te trek, want –

·         Dit is ongrondwetlik. Dit sal lei tot arbitrêre onteiening van eiendom omdat vergoeding deur die uitvoerende gesag bepaal sal word; markwaarde as ‘n faktor by die besluit oor vergoeding sal afgegradeer word, en die rol van die howe sal tot die absolute minimum beperk word.

·         Dit sal enorme skade aan die ekonomie berokken. Dit sal binnelandse en buitelandse beleggersvertroue ondermyn. Dit sal die Staat bemagtig om enige eiendom (nie net grond nie) te onteien vir enige doel wat die Staat as in “openbare belang” beskou. Sekerheid van eienaarskap van privaat eiendom is ‘n fundamentele vereiste vir alle suksesvolle ekonomieë.

·         Dit sal Suid-Afrika se voedselsekerheid bedreig.  Die meeste van die plaasgrond wat tot dusver onteien is, toon wesenlike dalings in produksie. Suksesvolle voedselproduksie vereis grootskaalse boerdery, groot kapitaalreserwes, hoë vlakke van tegnologie, en omvangryke ondervinding en opleiding.

·         Dit sal ernstige stremming op verhoudinge tussen rasse plaas. Ongeag die verklaarde oogmerke daarvan is die primêre bedoeling van die Wetsontwerp, gestroop tot die kern, om Suid-Afrikaanse burgers – teen hulle wil en op grond van hulle ras – te ontneem van eiendom waarin hulle hulle lewensarbeid en hulpbronne gestort het en waarmee hulle diep en jare lange emosionele en familiebande het. Dit sal onvermydelik wyd deur die geteikende gemeenskap gesien word –

o   as ‘n aanslag op ‘n fundamentele grondwetlike reg;

o   as ‘n poging om die beskerming wat burgers van die howe kan verwag, te beperk; en

o   as nog ‘n terugslag vir die nasionale akkoord wat Suid-Afrikaners tussen 1990 en 1996 beding het – en waarvan enige hoop op nasionale eenheid afhang.

·         Dit is onnodig.  Meer as 5% van landbougrond kom elke jaar op die mark. Die Staat besit groot stukke grond wat vir herverdeling gebruik kan word. Die georganiseerde landbou het al herhaaldelik sy bereidheid te kenne gegee om met die regering saam te werk om regverdige, doeltreffende en volhoubare grondhervorming te bevorder.

 

 

Geteken:       …………………….……………………….                

Datum:          ………….……………………………………

ID-nommer:  …………………………………………………. (opsioneel) 

E-posadres:  …………………………………………………….. (opsioneel)

Kommentaar:  ………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

Histerie

Posted July 10, 2008 by Roer
Categories: Algemeen, GrapGat

BatOp 11 November 1988 het ‘n ene Simon Robinson van McLaren Vale in Suid Australia ‘n Guinness Wêreld Rekord opgestel deur ’n gilletjie van 128 decibels te uiter (oor ‘n afstand van 8ft. 2in.). Ek het ‘n sterk vermoede as SO iets met my moet gebeur, sal Mnr. Robinson se rekord spat.

Foto: http://static.howstuffworks.com/gif/bat-1.jpg

Slagspreuk tag

Posted June 21, 2008 by Roer
Categories: Algemeen, Liewe

Sinkende skip

Posted June 21, 2008 by Roer
Categories: Politiek

Titanic - God himself could not sink this ship

Mugabe - Only God…will remove me

Lees http://www.sokwanele.com/