Gedra vir jou

Op 21 Junie 1895 het die “Newark Sunday Advocate“ ’n ontstellende storie (in vandag se terme) gepubliseer. Dit het gehandel oor ‘n insident by ‘n fietsryklub met twee van hulle vroue lede. Die vrouens was in die openbaar verneder omdat hulle kort rompe oor hul broeke gedra het. Die ’snaakste’ was die lys van Moenie’s wat opgestel was na die insident ter wille van ”die opvoeding van vroue”…

Gerook, is die eerste gedagte wat by my opgekom het, maar kom ons hou dit in perspektief. Dit was lank terug. :-)

Die oorspronklike weergawe kan hier gelees word.

~ Die Unique Fietsryklub van Chicago is presies wat sy naam impliseer. Een van die klub se wette, is dat op alle ritte, broeke en pofbroeke gedra moet word, en twee lede wat hierdie reël onlangs verontagsaam het, het ‘n ontmoeting met straf gehad wat hulle nie gou sal vergeet nie. Unie Park was die Rendezvous vir die laaste deel van die rit en 50 lede het opgedaag. Die president, Mej. Bunker, het vroue geklee in kort rompe oor hul broeke, waargeneem. Kaptein Bunker het beveel dat die dames dit afhaal, maar hulle het geweier. Op hierdie stadium het ‘n skare van ongeveer 200 mense al vergader om die begin te sien. Die President van die klub en die Kaptein het gekonsulteer oor die voorgenoemde en daarna, tesame met ander [sterk] lede van die klub, die dames se rompe ‘verwyder’ – “down to their bloomers“. Mev. Langdon het verduidelik omdat die klub se reëls nie gebreek mag word nie - ”Hoekom het ons die rompe in die openbaar verwyder? Vir geen ander rede nie as om voorbeelde van die oortreders te maak. Hulle het die klub in die openbaar uitgedaag en ons reëls is ‘n gepubliseer ooreenkomstig.” ~

2 thoughts on “Gedra vir jou

  1. Roer says:

    Daar’s meriete in sommige punte op die lysie, maar “don’t scream when you meet a cow” is prakties onmoontlik. Ek skree gereeld op koeie. Veral in die verkeer.

  2. Reinhardt says:

    As ek daardie lysie so kyk lyk dit of hulle na elke “onaanvaarbare” insident iets bygelas het. Gelukkig het die samelewing bietjie aanbeweeg sedert daardie dae… :)

Los kommentaar

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s