Selfverdediging raad
Ek was Saterdag op ‘n selfverdedigings kursus en wil so paar van die belangrike punte neer pen voor ek dit vergeet. Selfverdediging lesse is baie beter met illustrasie so ek beveel aan dat jy eerder self ‘n klas bywoon. Mans, stuur asseblief julle vrouens / dogters / ma’s op selfverdedigings kursusse. Doen dit elke jaar indien moontlik. Hou hulle paraat. Hou hulle voorbereid en belangrikste van alles, help hulle om te lewe sonder die victim mentaliteit. Help hulle om te kan terug veg.
- Volgens statistiek veg slegs 10% vroue terug. Meeste is heel moontlik so geskok en dink as hulle net saam werk en die aanvaller laat doen wat hy wil doen, sal hulle leef. Daar is ‘n voordeel daaraan. Die gemiddelde aanvaller sal nie verwag dat jy gaan terug veg nie m.a.w. jy het die element of surprise aan jou kant.
- Vrees is nie jou vyand nie. Vrees sal jou heel moontlik aan die lewe kan hou, want adrenalien maak jou sterker. Jou fyn motoriese sal heel moontlik nie so goed werk nie, bv. jou hand sal te veel ruk / bewe om ‘n telefoon nommer te skakel. Probeer kalm bly. Paniek kan jou jou lewe kos.
- Dink aan jou sterk punte bv. is jy vinnig? Is jy sterk? Is jy fiks? Is jy rats? Kan jy hard gil? Watookal, wees voorbereid en gebruik jou sterk punte tot jou voordeel. Met ander woorde moenie dink as jy oorgewig en ouerig is, jy gaan vir die krimineel kan weg hardloop nie.
- Amper enige iets kan as wapen gebruik word. Rol bietjie ‘n tydskrif op en kap jouself liggies teen die ken. Hard ne? Ons dames is so lief om waterbotteltjies te dra. Die prop kant van daai botteltjie (vol of leeg) kan seer maak. Potlode, penne, ringe… dink.
- As jou aanvaller dit reg kry om jou teen die grond te druk en hy probeer sy bene tussen jou in druk, probeer jou een been reguit hou na bo. Hy sal ook heel moontlik jou arms vas druk teen die grond. Ruk hulle reguit en dan weer een styf teen jou sy en die ander een oor jou kop. Jy sal dit hopelik reg kry om hom van balans af te ruk so nou met die been wat op die grond is, druk jouself sodat jy hom kan om rol terwyl hy van balans af is.
- As die aanvaller ‘n geweer op jou rig, kan jy probeer oor sy skouer kyk. Hopelik kry jy dit reg om hom vir ‘n sekonde te laat weg kyk m.a.w. sy aandag af te trek. In daai sekonde, want dis al wat jy sal he^, gryp die loop van die geweer (slegs as dit ‘n rewolwer is anders kan jou hand baie seer kry as ‘n skoot af gaan) en maak seker jy’s nie in die spervuur nie.
- As die aanvaller jou van agter af gryp met sy arm om jou keel, is die heel belangrikste ding eerste om seker te maak jy kry asem. Jy kan binne 4 sekondes in mekaar sak as jy nie asem kry nie. Dus probeer jou ken onder sy arm in druk en sodoende sal jy kan asem haal.
- As jy dit reg kry om jou aanvaller katswink te slaan en jy het nie tou om hom mee vas te bind nie, gebruik clingwrap. Draai dit ‘n hele paar keer om sy bene en hande en bel die Polisie.
Foto’s: http://www.samuraikaratecornwall.co.uk/assets/images/autogen/a_SelfDefenceWristLock.jpg, http://www.samuraikaratecornwall.co.uk/assets/images/autogen/a_SelfDefenceKnife.jpg, http://www.kravmagatechniques.co.uk/krav-kick-defence1.jpg, http://www.kravmagatechniques.co.uk/krav-bear-hug.jpg, http://www.lynnvalleymartialarts.com/IMAGES/military-selfdefense.gif
Tags: kriminele, misdaad, selfverdediging, veg terug
Both comments and pings are currently closed.
June 8, 2008 at 5:06 pm
Thanks Roer, ek was al self op so ‘n kurses, maar mens vergeet! Soos jy sê, mens moet maar eerder elke jaar of wat gaan…
June 8, 2008 at 5:11 pm
Hier by ons in Europa - en dan spesifiek in Nederland het hulle ‘n meer humane aanpak… Ek werk vir ‘n organisasie wat met redelike gestoorde mense as kliente het dus word almal hier verplig om ‘n humane DDG (Dreigend Destructief Gedrag) training te doen. Nou vir my is dit die moeilikste want ek is geprogrameerd op Afrika standaarde…dood voordat jy doodgemaak word… en hier is dit net anders om!!! Dus ek dink dis ‘n wonderlike inskrywing en ook waarskuwing na jou direkte omgewing. Groete uit Belgie. R
June 8, 2008 at 5:13 pm
Ek is te bang ek knoop myself of breek n been.
June 8, 2008 at 6:07 pm
Toe ek op laerskool was, het hulle vir ons so ‘n liedjie oor selfverdediging geleer. Ek onthou dit soos gister. Dit het gelui:
“As ‘n moffie met jou lol/Skop hom op die hol/Bel 0800-123-321/Tolvry!!”
Onthou enigiemand anders ook nog daardie liedjie. Die goeie ou dae! Dit was gebaseer op ‘n Engelse weergawe wat altyd op Zap Mag uitgesaai is.
June 8, 2008 at 6:18 pm
lol @ Bertus (ek onthou dit gelukkig nie)
Ek het vergeet… Probeer maklik breekbare bene breek soos bv. voetbeentjies. Stamp met jou hak hard op sy voet as hy jou van agter af gryp. Kanse is jy gaan sy voetbeentjies breek. Dieselfde met die neus.
June 8, 2008 at 6:50 pm
My gunsteling selfverdediging wapen is my elboog…of ‘n gewone ou pen…ek het altyd ‘n pen by my.
Mens moet maar gereed wees vir wat ookal kan gebeur. Ek was self al op so drien kursusse gewees - en die snaakste ding is dat wanneer jy eers weet hoe om jouself te verdedig sal jy dit heelwaarskynlik nooit nodig kry nie, want jy loop anders en jy kyk anders na mense, en skurke ken daai kyk en gaan baie keer eerder vir iemand wat dit nie het nie.
June 9, 2008 at 5:28 am
Louis, is waar. Ek voel redelik agro van ek die kursus gedoen het.
Het nog een onthou:
As ‘n boef jou handsak wil steel, moet dit nie net vir hom gee nie. Gooi dit vir hom so 1 of 2 meter van hom af weg. Jy sal gou sien of hy regtig die handsak of vir jou wil hê. As hy vir die handsak gaan, beweeg stadig terug, maar kyk nogsteeds vir hom. Hopelik sal hy die handsak op tel en weg hardloop.
June 9, 2008 at 5:28 am
*LouisA
June 9, 2008 at 5:54 am
Roertjie - ek en my pepperspray is nooit meer as ‘n meter van mekaar geskei nie - dus : *psssssssssssst* - en ek is paraat, hoor!! Maar dit vat jarre se training
- hahaha! nee, eerder ‘n baie goeie gewoonte wat ek so met die jare aangeleer het… Ek dink almal wat my goed genoeg ken, weet om my nie skrik te maak nie.
June 9, 2008 at 6:09 am
As ek tip kan by gee. As jy net een hou/skop het, moenie vir die testikels gaan nie. Elke man sal sy crown jewels teen enige prys beskerm, daarom is daar ‘n goeie kans dat die poging futiel sal wees. ‘n Harde skop teen die skeen of neus gaan meer effektief wees.
June 9, 2008 at 7:13 am
Adrie, natuurlik. Enige ander tips welkom.
June 9, 2008 at 7:24 am
Goeie inskrywing. Hopelik lees al die tannies hier en besef hulle die bealngrikheid. hahaha, ek kan egter nie die prentjie van die geclingwrapte boef uit my kop uitkry nie!
June 9, 2008 at 8:17 am
Op ‘n erenstige noot.
As jy in ‘n aanranding situasie was, moenie bad of hande was voordat jy by die polisie was nie. Dit is baie belangrik veral as jy verkrag was, daar die getuienis kan iemand baie lank wegbere.
June 9, 2008 at 10:25 am
Dankie vir die tips! Ek sal self ook weer bietjie moet opskerp.
Seun het dwarsdeur sy skoolloopbaan karate gedoen, en hy het my nogal ‘n paar tricks geleer. Vandat hy nie hier is nie, het ek nie iemand om op te oefen nie.
My pepperspray is ook altyd byderhand.
June 9, 2008 at 11:33 am
Dankie dat jy dit met ons deel. Kan baie seerkry verhoed.
June 9, 2008 at 12:01 pm
Duidelik nie een om mee te sukkel nie, die Roer!
June 9, 2008 at 12:04 pm
Dankie, Roer. Miskien moet ek ook vir ‘n paar lesse gaan. Die Beeld se hoofopskrifte hou my wakker in die aand.
June 9, 2008 at 12:31 pm
Roertjie, jy’t bietjie huiswerk gekry om te doen as jou selfverdedigingsles verby is!
June 9, 2008 at 1:31 pm
boks help nie meer nie…jy moet bliksem
grootste truuk in selfverdediging sou ek reken is die verassingselement…as jy besluit om te reageer/slaan/skop doen dit ordentllik…daai eerste shot is die een wat tel.Great post Roer.
June 9, 2008 at 1:38 pm
En as jy hom vasgebind het met clingwrap, gooi miergif in sy keel af en wag ‘n uur voor jy die polisie bel.
Sad land waarin ons woon. Plaas dat jy kan post oor die winter, nou moet jy post oor selfverdediging.
June 9, 2008 at 1:47 pm
i make love not war!
June 9, 2008 at 7:09 pm
Baie goeie artikel. Dit is goed om altyd paraat te wees. As mens ook oplettend is kan dit jou lewe red.
June 9, 2008 at 7:58 pm
Heita hier het ek nou lekker geleer boks!!!
Ek wil daai een wat dit naby my waag katswink slaan en so paar treë terug staan en my doodlag vir sy bebloede neus!!
Goeie inskrywing Roer, ek sal daardie eerste een op die neus doen!!!
June 10, 2008 at 10:59 am
Ek het ook so selfverdedigings kursus op my jong dae gedoen in Brits … kan jy onthou Roer!! Ek en jou oom Vince het dit gedoen.
Toe ons klaar is, toe gee die ouens vir ons, onse toekennigs en vandag nog dra ek my Fan-Belt vir Streetfight met trots
Soos Kuifie se, goeie posting!! (weereens)
June 12, 2008 at 11:34 am
Hehe, noudat Bertus! so vertel van sy skooldae, onthou ek ook ‘n selfverdedigingsklas waarin die juffrou ons vertel het: as jy ‘n meisie is en ‘n man val jou aan, skop tussen die lieste!
Al die standerd ses seuntjies (ek inkluis) het ongemaklik hulle bene gekruis.
June 12, 2008 at 3:18 pm
Lekker inskrywing. Die oë is ook ‘n goeie plek en baie sensitief. En mense beskerm hul oe instinktiewelik en sal jou los en na sy gesig gryp.