Verstrooid
Het jy al ooit vergeet om jou man/vrou (10uur die aand na sy klas by Universiteit) op te laai (en hom daar laat staan in die donker…IN AFRIKA!)? Al ooit ‘n rak by ‘n winkel om laat val ten aanskoue van almal? Al ooit jou selfoon in die vrieskas gesit (en daar vergeet)? Twee broekies probeer aantrek (skoon vergeet jy het reeds een aan)? Vergeet om ‘n kruller uit jou poniestert uit te haal…en werk toe gegaan met die ding nog in jou hare!!? Kan nie funksioneer sonder jou selfoon-reminders? Jou eiers gebraai in asyn? Of jou huis daagliks probeer start met jou kar sleutels? …en die gevaarlike een… Al ooit olie op die stoof vergeet terwyl jy badwater ingetap het net om later te besef dis nie stoom wat jou sig belemmer nie, maar ROOK, want die pot het aan die brand geslaan.
Welkom in my we^reld. Ek is uber-verstrooid en ek kan dit nou nie meer vat nie. Dis snaaks tot op ‘n punt en ek kan nie eers my haarkleur daarvoor blameer nie, want ek is ‘n brunet. Ek kan nie meer nie korporaal. Ek’s bang ek vergeet om asem te haal. Watse salf is daar te smeer? (Vergeet van vitamienes en wot-not’s. Ek is op almal.)
Foto: http://remindotronic.com/media/iStock_000001511208Small-web.JPG
June 4, 2008 at 1:08 pm
Jislaaik Roer, ek is so bly ek is nie die enigste ene nie en as jy ‘n kuur daarvoor kry laat weet my asb!!! Ek wou al my hare blond kleur
Ek het so ruk terug my elektriese ketel op die gasstoof gesit om hom aan die kook te kry…gelukkig het die liggie betyds aangegaan by my! Ek het vanaand amper 2 keer deur die stort gespring oor ek vergeet het ek het reeds gestort…Jy is nie alleen nie 
June 4, 2008 at 1:40 pm
Hehe, nee wat, ek is darem nie so erg verstrooid nie!
Net so af ek toe.
Ek onthou ek het eenkeer die waslappie wat ek baie lank gesoek het in die vrieskas gekry - kliphard gevries en ‘n potensiele wapen teen inbrekers.
En ek het al olie op die stoof vergeet, dit was baie amper ‘n lelike ding!
Eiers in asyn? Yuk!
June 4, 2008 at 1:46 pm
Goed, een oggend staan ek op en besef ek kan nie so gaan werk nie, (bietjie grys stof) en kleur toe gou my hare. Spring in die vuurwa want by toe is ek al klaar laat vir ‘n meeting. By die werk aangekom, hol ek boardroom toe en slaat op ‘n stoel neer, darem net 10 min laat. Almal staar my aan asof ek iets uit die ruimte is. Neverless, ek het nog die handdoek op my kop gehad, ek kan nou nog nie glo ek het dit nie agter gekom nie
June 4, 2008 at 2:27 pm
Jy ly aan dieselfde siekte as seker goed die helfte van die populasie, sy naam is stres. You need to relax more.
June 4, 2008 at 2:54 pm
Ek het my sleutels in die yskas gesit en ure daarvoor gesoek. ‘n Ander keer het ek die huis amper omgekeer, ook vir my motorsleutels en dis eers toe ek my hande leegmaak om beter te kan vat dat ek agterkom ek het die goed heeltyd in my hand. Ja, ek stem saam met Jaco, dit is stres. Ek weier om te glo ek raak oud.
June 4, 2008 at 3:22 pm
Annie, ek sal ‘n hele pos moet skryf oor my en sleutels. Dis ‘n lang en hartseer verhaal. Ek het EEN plek daarvoor in die huis, want ek weet al, as ek dit nie DAAR neer sit as ek die huis in stap nie; is dit tickets.
June 4, 2008 at 4:18 pm
En hier beskryf jy my lewe op die oomblik….. ek weet self nie wat fout gegaan het nie, maar iets is definitief nie reg nie. Ek verloor al myself.
June 4, 2008 at 4:59 pm
Verstrooid is my middelnaam.
Ek vergeet gereeld om my huis se deur te sluit. Of as ek ry, los ek my sleutels in die hek. Ek het al my selfoon in die wasmajien gewas.
June 4, 2008 at 5:47 pm
Toemaar Roer, ek gooi gereeld rakke in winkels om. Ek skryf dit toe aan my lengte, wat eintlik eot lees KORTE.
Een ding wat ek gereeld verlê, is my kontaklenshouer. Dis al ‘n “standing joke” in ons huis. As ek begin met… Waar’s my… dan val Liefie in …kontaklenshouertjie
June 4, 2008 at 6:26 pm
*sug* wat sal ek sê???
Het net nou die dag weer my bos sleutels waaraan my voordeur, motorhuis, hek en posbussleutels + remote control aan vas is, in die posbus by die poskantoor vergeet. Kom by die huis, stop voor die hek, keer al die pakkies in die kattebak om, keer my handsak om… maar niks! Toe ry ek maar terug en gelukkig vir my sit my sleutels toe nog vir my en wag in die posbus. Ek is genadeloos gespot daaroor deur my huismense!!
Mens se brein is al besig om te beplan vir die volgende taak wat jy moet doen as jy nog besig is met die huidige een! Dis die probleem! Ek’s darem bly dat dit oud en jonk oorkom anders het ek regtig geworry!!
June 4, 2008 at 6:47 pm
Soek gereeld my sonbril of sleutels, terwyl dit in my hand is…
Ek het nou die dag Preen i.p.v. Spray’nCook in ‘n pan gespuit.
Het al amper PER ONGELUK selfmoord gepleeg - het ‘n handvol pynpille badkamer toe gevat om te gaan wegsit. Daar gekom, het ek gevoel daar’s iets in my hand en begin drink want ek het gedink dis my daaglikse vitamienes

June 4, 2008 at 8:02 pm
Dankie julle. Sal ons ‘n groep stig op Facebook?
Jaco, as dit stres is, beteken dit ek is my lewe lank al gestres, want ek is nog altyd verstrooid. Ek wietie…
June 5, 2008 at 6:07 am
‘n “morone” ondersteuningsgroepie
Kan werk vir my…
June 5, 2008 at 6:26 am
Siggghhhhh, soos wat ek gepost het vandag, daar is altyd mense iewers wat dit slegter as jy het…hehehe. Sterkte, drink maar wyn, ten minste sal jy dan nie worry as jy verstrooid is nie!
June 5, 2008 at 6:31 am
Uhm, ek het vanmore vir die TWEEDE keer hierdie maand hair straightning lotion aan my arms gesmeer ipv my normale room…
June 5, 2008 at 6:37 am
Al ooit vergeet om NIE ‘n broekie aan te trek nie Roer???

Al ooit met slippers by die werk uitgeklim?? (Skoene is die laaste ding wat ek aantrek voor ek by die huis uitstorm). Ek het darem die verskoning dat ek blonde is…
Gelukkig het ek ‘n Helge in my lewe - hy is weer über-georganiseerd - sleutels is altyd op hulle plek - myne word ook elke keer daar gesit al kry hy hulle waarookal - en nog nooit het hy gemoan daaroor nie.
Sjoe Delsch!! LOL!!
June 5, 2008 at 7:11 am
My ma het al voorgestel dat ek velcro oorbelle kry en ‘n ander stukkie velcro aan my sleutels vaswerk. Op die manier kan ek sommer my sleutels teen my oor dra! Maar ja, toe ek swanger was, was ek hiperverstrooid. Ek het altyd die melk in my skoenekas en my skoene in die yskas gebere. Dit was vreeslik….
June 5, 2008 at 7:23 am
Dmi, dankie vir jou simpatie… Wag maar. Jou ‘ou dag’ lê (hopelik) nog voor.
Delsch, dit vat die koek.
BB, lol@vergeet om ‘n broekie aan te trek. Heng! :blush: Mind you, broekie is nog oraait, maar bra…
Pik, jou ma het nie ‘n slegte idee daar beet nie. (Patent?) Terloops, dit is ‘n feit dat swanger vrouens verstrooid is. Kan jy jou nou in dink hoe was ek toe ek swanger was. Eish. Not for the faint hearted.
Dis eintlik wat ek bedoel het met dis net tot op ‘n punt snaaks, want ek is bang my verstrooidgeid benadeel my kinders, maar dis ‘n pos vir ‘n ander dag.
Ek moet gaan. Ek’s laat vir iets, maar ek kan nie onthou wat nie…
June 5, 2008 at 9:29 am
Iets waarmee ek nou beter raak, simpatie en empatie…hahaha. Daai grappie van die waiter is moer snaaks!
June 5, 2008 at 12:41 pm
Lag ek nou te lekker! Maar ek kan ook nie praat nie want ek raak ook deesdae verstrooid. Soek na my brille net om agter te kom hulle is op my kop
June 5, 2008 at 4:08 pm
almal van julle moet n kombuis tafel kry!
June 5, 2008 at 4:34 pm
Haai Roer, ek het sopas op jou you-tube links afgekom oor die nuwe denke wat daar bestaan oor die evolusie leer. Ek kon nie ophou kyk nie! Dis great!
June 5, 2008 at 5:23 pm
Mynick herriner my nou net aan die keer toe ons dorp toe is, Ermelo is so 90km van ons af. Daar gekom (ek was alweer swanger) spring ek uit die kar uit net sodat my man vir my vra om weer terug te klim… WAT?? Jy het nog MY pantoffels aan. (Syne het beter gepas met die geswelde voete!) Hy moes toe eers vir my gaan skoene koop voor ek kon inkopies doen…
June 5, 2008 at 5:51 pm
LOL! Ek het al in die kar geklim en gery en na ‘n rukkie nie geweet waarna ek oppad is nie…
June 6, 2008 at 5:31 am
Knersis, dankie, maar jy moet versigtig wees. Die ‘tolerant’ bloggosfere is nogal erg intolerant teenoor die tipe ding. Bly jy het dit geniet.
June 6, 2008 at 8:49 am
Ek’s self ook maar goed verstrooid. Die olie-op-die-stoof-ding het my al TWEE keer oorgekom!
Het een oggend by die werk aangekom en vergeet om die kar se sonskerm op te sit. Toe ek middagete huis toe wou gaan klim ek netjies in die kar en sit vir sonskerm op en toe wil ek ry……
June 6, 2008 at 10:34 am
Dis definitief nie net ‘n blonde-ding nie. Ek is ‘n brunette (so bietjie undercover grys). Ek het al na ‘n kwaai reenbui, in die hartjie van die dorp, met ‘n lang SMAL romp en stewels oor die water aan die kant van die pad na die sypadjie probeer spring! Voila, toe sien ek my nat gaai ten aanskou van al die voetgangers - OOOOOPPPPPS - my romp was hopeloos te nou vir die sprong.
June 6, 2008 at 11:10 am
Hey Marne!
Wou jou net se all is well en ek werk weer en dit gaan baie goed! Hierdie is my nuwe epos adres so moenie bang wees om my te mail nie hoor! Het jou gevelang!
June 7, 2008 at 3:18 am
My troudag het ek 2 verskillende wit skoene aangehad, en dit eers gesien by die troue - te laat vir omruil. Ook een keer baie mense vir 2 ure laat sukkel om my bakkie gestart te kry, en nadat hy ingesleep is huis toe deur ‘n weldoener, kom ek agter ek het nooit die immobiliser geaktiveer nie. Ek het maar tjoepstil gebly en gesê my man sal kom kyk wat fout is vanaand, en later maar lekker gelag oor my stupidgeit.
June 8, 2008 at 12:37 am
Is dit “tekens van die tye” of wat! lol!
witbordpenne is my probleem! hulle is altyd op soek! ek het al witbordpenne om elke hoek en draai…het jy al begin praat..en dan vashaak en se…wat wou ek nou weer gese het! dis ek!! 
June 10, 2008 at 11:06 am
Ek WEIER om te glo jy is ‘n Verwey!!!!!!!!!!!
June 10, 2008 at 2:39 pm
Ek ook.
(Aangeneem miskien?)