Teleurstelling

Disappointment is the nurse of wisdom” Bayle Roche

Presies wanneer het dit gebeur? In ons jeug? Met my onbeantwoorde briewe vol getjommel? Of dalk nog voor dit? Dalk terwyl ek eenbeentjie gespeel het en jy warmpatat. Was dit geleidelik? Keep vir keep uit ‘n kerfstok. Nee, ek dink tog dit was skielik. Die oomblik van helderheid was meer soos ’n erdepot wat op die grond stukkend val. Dis tog so jammer. So onnodig. Ek gaan nou my trane afvee en weg stap. Miskien sal ek jou mis. Miskien nie. Miskien is dit juis die punt - ek mis jou al jare.

Foto: http://www.more4kids.info/uploads/Image/little-girl-feeling-sad.jpg

Explore posts in the same categories: Griewe

9 Comments on “Teleurstelling”

  1. sonkind Says:

    Diepsny woorde, hierdie, Roer.

  2. kaalvoetinireen Says:

    Eina! Mooi geskryf…

  3. reisiger Says:

    Nie ‘n lekker gevoel nie! Sterkte!

  4. Adrie Says:

    Ek is nou al vir die 100ste keer hier. Ek het tot die besef gekom dat ek nie so slim is soos wat ek gedink het ek is nie.

  5. Emil Says:

    Jy roer die hartsnare.

  6. Pikkelik Says:

    Baie mooi, ;-(

  7. costello Says:

    Klink soos ‘n egskeiding- as dit is- sterkte

  8. Roer Says:

    Costello, heng nee!, maar dankie. Ek is te lief vir my liefiediefiedoefiedaffie. :D

  9. costello Says:

    Sjoe…dan is ek bly. ;)