Is die huwelik onnatuurlik?

Explore posts in the same categories: Algemeen

21 Comments on “Is die huwelik onnatuurlik?”

  1. Adrie Says:

    Die huwelik is seker onnatuurlik in die sin dat diere nie trou nie en in meeste gevalle nie aan een maat getrou bly nie. Maar dan, die mens is nie natuurlik nie. Die werk wat meeste van doen is nie natuurlik nie. Die feit dat ons klere dra, in huise bly, selfone gebruik en dies meer is nie natuurlik nie. Daarom tel natuurwette nie werklik nie.

    Ek wonder of Hoffman verder gedink het. Hy het seker ‘n prentjie dat as almal met sy siening saamstem, hy soveel vroue as moontlik kan bed toe sleep. In die diereryk behoort al die vroue aan die dominante man. Dus sou ons almal in iemand meer “man” as Hoffman se harem gewees het.

    Mense is nie diere nie. Daarom dat ons met ander wette lewe.

  2. demoerin Says:

    Klink vir my ook na ‘n verskoning om rond te slaap. Die ding is mense is te kompleks, en definitief nie emosioneel opgewasse om meer as een “huweliks” verhouding te hê nie. Behalwe natuurlik as jy dalk gevoelloos is, wat in my boekies dalk baie naby aan die psycho lyntjie beweeg.

  3. Wipneus! Says:

    Ek hoor wat hy sê, maar volgens hom het hy getrou gebly aan sy vrou. Is hierdie uitlating dalk weer publisiteit vir sy nuwe film. Ai! Hollywood se kaskenades.

    Wil Dustin ook dalkies ‘n harem hê soos die een of ander olie sjeik? :lol:

  4. Emil Says:

    Mense is nie diere nie? Hieroor sou ‘n mens seker ‘n lang debat kan aanvoer, afhangende van die betrokke uitgangshoek. Maar dit vir ‘n ander dag - ek dink maar net vinnig aan duisende jaar se evolusie, van hare oor die hele lyf, op vier pote beweeg tot die ontstaan van stembande.

    Tog stem ek saam met Hofman. Om aan een lewensmaat getrou te bly, is nie natuurlik nie. Maar ons sin vir morele waardes en beskaafdheid plaas ‘n filter oor hierdie beskouiing wat maak dat die meeste tog eerder in ‘n enkele verhouding bly. Voor die skrywes van Paulus lees ons immers ook in die Ou Testament dat iemand soos Salomo (en Dawid) ook maar meer as een eggenoot gehad het. Hemels, selfs Abraham het ‘n nageslag gevestig met van sy slawe.

    Ek, vir een, kies die verhouding waarin ek nou is - en hemels, dit het sy uitdagings - laat staan dan nog :wink:

  5. Roer Says:

    Adriana, mooi gestel en ek stem in ‘n mate saam.

    Emil, Gelukkig glo ek nie in daai snert nie http://kruidjieroermynie.wordpress.com/evolusie/ ;-) . In die diereryk kom verkragting baie voor so ek is maar te bly ons is nie diere nie. Ons het een keer daaroor gesels http://kruidjieroermynie.wordpress.com/2007/11/17/diere-tussen-ons/

    Ek gaan seker geslag word maar ek stem saam dat die huwelik onnatuurlik is (vir nou anyway, ek is anders oortuigbaar) MAAR dit beteken glad nie dat ek teen dit is nie. Inteendeel, dank die Here daarvoor, want ek is ‘all for’ huwelikke. Ek dink maar net die huwelik, geloof ‘aside’, is ‘n sosiale reël wat ‘n nie natuurlik ontwikkeling gehad het nie. Vir een, seker in ‘n mate om chaos te voorkom, want ek dink sonder die huwelik sou daar beslis totale chaos geheers het.

    Wat Salomo, Dawid en Abraham betref (was dit nie net EEN slaaf nie Emil? Ismael, seun van Hagar) - ek dink dit moet in konteks geplaas word. Ons lewe darem nou nie meer in daai tyd nie en Jesus het mos die rekord kom reg stel en was dit nie inelkgeval ‘n abominasie vir God nie? Ek vra, ek’s ‘n thumbsucker op hierdie gebied (met apologie aan http://thumbsuckers.wordpress.com/ ). “What God has bind together we can not seperate it” of so iets.

    Ek sien die mens as ‘n halwe en toe ek getrou het, het ek ‘n hele geword. Dis corny, ek weet, maar sonder my maatjie sou die lewe maar boring gewees het en bonus, ons kon kinders kry. Dit sou bietjie moeilik gewees het op my eie.

    Persoonlik (en ek steek my toontjie versigtig in die kookwater hier) dink ek dis ‘n man ding. Kom ons wees nou eerlik, hoeveel vrouens sal so iets goedkeur en daarvoor veg (dat mans meer as een vrou mag hê). Dis ‘n copout broers. Julle soek net verskoning vir bietje variasie op die spyskaart. ;-)

    (Terloops, hoekom - for the love of all things sane - sou enige iemand inelkgeval meer as een skoonma wou hê?!)

  6. Johan Swarts Says:

    Meer as een skoonma!? /me hardloop weg

    Maar seriously nou, ek dink daar’s ‘n gap in Hoffman se logika. Hy gebruik “natuurlik” en “liefde” in dieselfde sin. Aan die een kant val ‘n mens al klaar van die wa af (dink ek, in elk geval) as jy “natuurlik” gelykstel aan “goed en reg”. Dis tog natuurlik vir diere om mekaar dood te maak - iets wat ons duidelik nie op hierdie oomblik van ons bestaan goedkeur nie, no matter what. Dis ook natuurlik om jou kroos direk na geboorte oor te laat aan die wrede natuur vir party diere. Ensovoorts.

    En hier’s myns insiens die clincher:

    Vanuit ‘n evolusionêre perspektief kan dit miskien natuurlik wees om te trou (mits dit herhaaldelik voordelig is vir die spesie). Vanuit ‘n Bybelse perspektief (soos Emil dit mooi uitgelig het) is dit onnatuurlik.

    Fun ;)

  7. Pikkelik Says:

    Of dit nou natuurlik of onnatuurlik is, ek glo aan die huwelik. Nie ter wille van man en vrou, bloot ter wille van die kinders. Kinders floreer op stabiliteit. Oi, wat sê dit nou van ons sogenaamde opgevoede samelewing??? … Ek dink ek het sopas in ‘n slaggat getrap…

  8. boendoe Says:

    Ek dink ook die huwelik is onnatuurlik. Ek is gelukkig getroud, en sal dit so hou ten alle koste, maar as mens mooi daaraan dink, hoekom wil mens vir 40, 50 jaar saam met EEN mens bly?? Die mens raak te gou verveeld, en dit vat (onnatuurlike) wilskrag om aan ‘n huwelik te werk. (Nou hoekom het ek getrou…??) :D

  9. duskant Says:

    Hierdie mening van Hoffman klink vir my alte veel na ‘n justifikasie (jammer…regverdiging ;-) ) van sy eie (berugte) swakheid vir vroue.

    Noem hom by die naam, ou Dustin…dan is hy darem die duiwel wat jy ken…

  10. demoerin Says:

    Nou net op die nuus van ‘n paartjie in Brittanje gehoor wat vandag hul 80ste herdenking vier. Nou dit is totaal en al belaglik!

  11. Adrie Says:

    Ek wonder hoe sou Hoffman gevoel het as dit sy vrou se uitlating was. Wat bigamie betref, dit is ondenkbaar dat ‘n vrou meer as een man wil he. Maar sy moet haar man met ander deel.

    Boendoe, niemand het gese dat die huwelik maklik is nie. Jy tree uit vrye wil in die huwelik omdat jy die res van jou lewe aan een mens getrou wil wees. As jy nie daarvoor kans sien nie, hoekom trou?

  12. Blixer Says:

    Om te lewe is onnatuurlik….

  13. My karakterfout « Dorings en soms Rose Says:

    [...] 27, 2008 Roer het ‘n blog geplaas of die huwelik ‘n natuurlike instelling is.  Ek het onlangs [...]

  14. freddy Says:

    Ek dink ook nie die huwelik is natuurlik nie.

    Maar ek gebruik dit nie vir myself noodwendig as ‘n maatstaf nie, want dan sou ek nie eers nou via my rekenaar hier kon comments los nie.

  15. boendoe Says:

    Hehe, Adrie, dis oor ek wel onnatuurlike wilskrag het!

  16. Matzi Says:

    Het altyd gedink die huwelik is natuurlik; nou beslis nie meer nie: maar dis `n laaang storie!

  17. meermin Says:

    Die huwelik is iets baie spesiaals - dit is nie onnatuurlik nie!! Net jammer ek is nie gelukkig getroud nie, maar dit gee my nie rede om rond te loop nie!! Ek beskou die huwelik ag heilig en natuurlik!!!

  18. krista Says:

    Natuurlik is dit natuurlik/nie onnatuurlik nie!

    Ek kan nie myself of my lewe of die volgende 60 jaar vorentoe sonder Jaco en dit wat hy in my lewe bydra, indink nie!

  19. demoerin Says:

    Het nou weer bietjie gedink, ek weet darem nie. Het elke pot nie dan maar net 1 deksel nie. Ek dink enige man/vrou met meer as 1 partner gaan sommer vinnig in groendakkies beland!

  20. Adrie Says:

    Demoerin

    Met ‘n miljoen meer vroue as mans in SA, wat dink jy?

  21. demoerin Says:

    Party van die deksels moet maar rondhang en wag vir potte wat nuwe deksels nodig het? Daar kan nie meer as een deksel op ‘n slag op ‘n pot pas nie! By the way…..waar is die ekstra vroue?

Comment: