Idiome…

Voetjies se storie het my nou aan iets herinner. Ek was in graad 2 (of 3…ek weet nie, maar ek was klein) en ek en ‘n paar maatjies het gestaan en wag vir die trein na skool en besluit om ‘n speletjie te speel. Kan nie onthou presies hoe dit gaan of wat dit genoem was nie, maar jy moes gebare maak en die pêlle moes raai watse idioom is jy besig om te verduidelik. So kom my beurt en al ‘idioom’ wat ek op daardie stadium aan kon dink, was die een wat my pa so paar dae terug gebruik het. Nou, moet asb nie die verkeerde beeld van my pa kry nie. Dierbare mens, maar het altyd ‘n snaakse ding op die onmoontlikste tyd kwyt geraak. So het klein Roer seker maar iets gehoor wat sy nie moes nie…hence haar kennis van hierdie, wel, ‘idioom’. Iedergeval, ek verduidelik dat die rook draai. Juffrou op diens by die stasie kyk ons met een oog terwyl sy lui-lui aan haar koffie teug. Ek spring en ek maak horings met my vingers op my kop en ek staan op al vier, maar al wat die idioom reggeraai kry is my pêlle. So is ek nie op my bek geval nie en na omtrent 5 minute se verduidelik, staan ek regop, armpies styf en oë streng. “Maar my magtag, ken julle nie julle idiome nie? Dis HOE OUER DIE BOK, HOE HARDER DIE HORING.” Juffrou verstik in haar koffie en een van die prefekte klap net rug. My maatjies het ook nie van veel geweet nie en het gereken ek het hulle nou iets nuuts geleer. All in all ‘n goeie dag by die skool.

Explore posts in the same categories: Algemeen

20 Comments on “Idiome…”

  1. Nikita Says:

    HAHAHAHA!!!!!

  2. Marina Says:

    HIE HIE HIE!!!!!!!!!! Mooi Roertjie!!!!!!

  3. kaalvoetinireen Says:

    Whahaha! Hoe lekker lag ek nou!

  4. Pikkelik Says:

    LMGA - O jitte dis snaaks. Roer jy het my dag gemaaaaaak!!! :lol:

  5. platkuif Says:

    baie oulik!

  6. demoerin Says:

    hahaha, ek sou graag die juffrou se gesig wou sien!

  7. sonkind Says:

    :lol:
    Wys jou net hoe versigtig mens moet wees wat jy voor kinders se ore kwytraak!

  8. Wipneus! Says:

    :lol: ha ha

  9. Dellie Says:

    O donner! Classic! Wahahhaa! hoes-hoes :lol:

  10. Roer Says:

    Dankie almal. Ja, my ma het nie gedink dit was so snaaks nie…

  11. boendoe Says:

    Jou pa het dalk ‘n punt beetgehad, Roer… :D

  12. duskant Says:

    he he dis oulik!
    Ek onthou op hoërskool in st6 moes ons plakkate maak om ‘n Afrikaanse idioom te illustreer. Ek het vreeslik kreatief geraak en ‘n mannetjie geteken wat vooroor buk, sy maag vashou en ‘n stuk tou wat uit sy mond kom in ‘n emmer in.
    Die juffrou het nie gedink my visualisering van “tou opgooi” was baie snaaks nie ;-)

  13. Jasper Says:

    Jinne val ek nou amper van my stoel af van die lag!!!
    Klasiek Roer :lol:

  14. Emil Says:

    Cute. En Roper se stuk is ook snaaks.

  15. Roer Says:

    lol@Boendoe&Duskant

  16. attie Says:

    Inderdaad baie snaaks.!

  17. demoerin Says:

    Chris Roper stuk is excellent…extraterrestrial brothers!

  18. Johan Swarts Says:

    teeheehee

  19. Adrie Says:

    Ek onthou nou my eerste dag in graad een. Ek dink almal weet nou al dat ek met ‘n skuilnaam blog. Maar ter illustrasie. Die juffrou het my gevra wat my naam is. Ek wou haar nog se my naam is Adrie, toe druk my pa my mond toe en se my naam is Adriana. Hoe moes ek dit nou weet, ek dog my naam is net Adriana as my ma met my raas.

  20. Roer Says:

    :lol: Ek doen dieselfde met my seuns. Die volle geboortename word gebruik as hulle stout is.

Comment: