million mAn march

Desmond Dube, ek weet nie of jy ooit my ou bloggie sal raak click nie, maar net miskien sal jy. Ek wil vir jou sê baie dankie vir hierdie inisiatief. Ek het vandag na jou onderhoud op RSG geluister. Dankie dat jy nie die feite probeer weg praat met kamptige patriotistiese woordjies en intellektuele gimnastiek nie. Ons land ly, nee bloei, onder misdaad. Dis ‘n feit. Punt. Baie sal seker ‘n optog kritiseer, maar ek dink dit gaan ‘n verskil maak. Jy, mnr Dube, gee my hoop en ek neem jou lesse van vanmiddag ter harte.

Explore posts in the same categories: Algemeen

11 Comments on “million mAn march”

  1. Riaan Oosthuysen Says:

    Ek weet nie of ‘n optog ‘n verskil gaan maak nie maar ek steun eerder iemand wat iets doen as iemand wat niks doen nie.

  2. rosalindfranklin Says:

    Ek dink ‘n optog is ‘n wonderlike idee. Viva Desmond Dube!

  3. rosalindfranklin Says:

    Skies ek le weer ‘n eier, maar ek sien die plek van die optog moet nog aangekondig word, dit is nogal ‘n march waarin ek sal deelneem.

  4. Chaos Says:

    Kyk uit vir die Chaos manne daar!!

  5. Wipneus! Says:

    Ek kla altyd oor misdaad, miskien moet ek ook maar gaan stap…ek het buitendien nog nooit gestap nie, ek wil voel hoe voel dit…

    Rosie, ek dink, ek join jou ;)

  6. meermin Says:

    Dalk moet ons ook gaan stap!

  7. demoerin Says:

    Wee julle, eerder iets doen, al werk dit nie. As hande gevou sit en niks doen nie, en dan nog kritiseer ok! Ek stem, stof af die tekkies!

  8. Emil Says:

    En stap is gesond!

    Ditto vir my, Roer. Hy het goed gepraat. Dis die realiteit - ons is in ‘n fight met ons rug teen die muur. Tyd dat ons opstaan en stap.

  9. Pikkelik Says:

    Ek sal ook saamstap, ek gaan bleddie moeg wees teen die tyd dat ek daar kom, maar stap sal ek stap. Dis beter as sit en wag op beter dae…

  10. boendoe Says:

    Beeld (23 Mei) het ‘n artikel oor Dube gehad. Hy se die doelwit van die march kan verwoord word in die volgende Tswana aanhaling: “‘n Kind wat nie huil nie, sterf op sy ma se rug.” Dis vir my besonder treffend en waar. Ek hoop die optog kry groot ondersteuning.

  11. Helmien van Eeden Says:

    Dit is nou die tyd vir Suid Afrika om saam te staan en te veg vir dit wat reg is. Ongeag kleur of ouderdom. Hoe maak ‘n mens ‘n verskil as jy nie staan vir waarin jy glo nie. Ons kinders ly onder die misdaad. Hulle lewens word geskend en ons staan magteloos. Ons moet vertrou op God en nooit ophou bid. Hy is die enigste Heerser oor die mens. Ons antwoord le in die Woord van God. Wees verdraagsaam en le jou probleme voor Sy voete. Hy is ‘n lewende God! Halleluja!

Comment: