Oor aftree

Wyl ek so in die warmwaterbronne se swembad dryf en sterretjies kyk die lang naweek (The Baths - Citrusdal), dink ek hardop aan aftree. Ja, ek het nog so paar jaar om te gaan voor ek deur enige aftreeoord se pamfletjies hoef te blaai, maar heng, dit sal darem maar lekker wees om ‘n professionele vakansieganger te wees. Bygesê die skete wat saam met die ouderdom kom, kan lol, maar ek sal darem maar vir jou kan vakansieoord-hop vir ‘n vale hoor. Nee, reken liefie, aftree is van die bose (op sy jeugdige ouderdom is hy darem so wys). Dis ‘n ding wat hier in die 1930’s uitgedink is deur die Amerikaners. Nê? sê ek. Nou toe, ‘n mens is ook nooit te oud om te leer nie. Persoonlik hou ek nou so bietjie meer van die Amerikaners.

Explore posts in the same categories: Algemeen, GrapGat

34 Comments on “Oor aftree”

  1. Rustig Says:

    Jinne jy kuier op lekker plek. Was op Clanwilliam op skool so paar honderd jaar gelede.

  2. Riaan Oosthuysen Says:

    Ek het besluit ek gaan nooit aftree nie. Ek sal dalk wel met besigheid afskaal, maar aftree nooit. Ek het nou oral in die bybel gesoek. Sien niks daar van aftree nie.

    Die vakansie ding is wel iets wat mens moet opskerp.

  3. Kaalvoetkind Says:

    As ek dit nie mis het nie, het die Kaap seker die beste weer gehad van al die provinsies hierdie naweek, of hoe?! My seun vra ook vandag in die motor oppad van die Suidkus af vir my waar ek sal wil gaan aftree. My antwoord: Definitief nie in Gauteng nie maar ek wil nie nou al daaraan dink of planne maak nie, want vooruit reken is dubbel reken!

    Maar met dié dat ons seuns nou al 3 klaar geswot het en werk, kan ons nou buite-seisoen gaan vakansie hou. Moet sê, ek begin nou ‘n pro raak met hierdie vakansie-oord hopping hoor! ;-)

  4. krista Says:

    Ek sal rustig kan aftree met so ‘n koel R40 miljoen in die bank, dink ek . . . sommer môre as ek kan . . . maar dit beteken nie dat ek gaan ophou werk nie.

    Ek sal net nie meer vir ‘n baas werk nie en doen wat ek wil wanneer ek wil vir so lank ek wil . . . ;-)

  5. Wipneus! Says:

    O my liewe land, Roer ek is mal oor hierdie foto!! My Teddie sê ook ons sal nooit kan aftree nie, net bietjie minder werk inneem. Sy vrou gee vinniger geld uit, as wat dit inkom. Roer ons twee los hulle dan om nie, af te tree nie, en ek en jy gaan sterretjies lê en kyk, terwyl ons in die water dryf…. Ek sal jou kom haal op aftree ouderdom :lol:

  6. Pikkelik Says:

    Aftree!!!!! Aarde dis ook nie meer ver vir ons nie, maar nou is daar so ‘n lieflike slang in die paradys. Ek dink Ouboet sal omtrent in graad 8 wees as ons op aftree ouderdom kom. Poppedyn in graad 4, nee wat, wil voorkom of ek met ‘n kierie en brilletjies sal moet skoolkarretjie ry. Lyk my nie ons sal aftree nie, die lewe is in any way deesdae so duur en ons word so besteel, dat dit nie sal moontlik wees nie. Arbeid adel en al daai bollie…. :roll:

  7. rosalindfranklin Says:

    Ons was ook al by daardie baddens - ag hoe heerlik.
    Aftrede en rondlê is daagliks op my gedagtes. Ek sal maklik kan vakansie-oord-hop en hotel-uittoets. Salig.

  8. kyker Says:

    Snaaks: Baie van die einste Amerikaners wat aftree ‘uitgedink’ het, werk deesdae tot in hulle sewentigs.

    Nee wat, ek moet nog te hard werk daaraan om my nes-eiertjie bymekaar te skraap voordat ek aan die lekker van aftree kan begin dink.

  9. Adrie Says:

    Ek het die verantwoordelike ding gedoen en vroeg al aan ‘n aftreefondsie begin werk.

    Ek is nog nie eers 10 jaar klaar met skool nie, dus dink ek glad nie aan aftrede nie (behalwe nou die verantwoordelike ding). Ek dink ek sal sterf van verveeldheid.

    Ek dink wel aan ‘n skatryk man. Dat ek kan werk vir goed wat saak maak, nie vir brood en botter nie.

  10. demoerin Says:

    Gelukkig nou ok nog nie op my lysie nie, maar sekerlik iets wat eendag aan almal beskore is. Lekker rus. Vakansie-oord hopping sal seker ook net gebeur as jy nog petrol kan beskostig! haha

  11. attie Says:

    Aftree klink ongelukkig ook nie vir my na ‘n lekker opsie nie. Ek dink ook dit is een van die booshede wat die Amerikaners uitgedink het om die wêreld oor te neem.

  12. duskant Says:

    “Aftree” is ‘n vloekwoord en moet verban word…”professionele vakansieganger” klink vir my na ‘n skaflike plaasvervanger ;-)

  13. Zee Says:

    Mmm, ja ek dink ek sal ook n “professionele vakansieganger” wil word en sommer gou ook :)

    Roer gaan loer hierso http://wordpress.com/blog/2008/05/04/default-avatars/

  14. BB Says:

    My aftree prentjie is ‘n gastehuis iewers aan die Weskus - kyk, ek moet in elk geval kos maak - vir een vir twee of vir sestien - same difference - ek doen altyd moeite met kos - ek moet dit eet - I might as well make it special… Oh, my ewige vakansie by die see!! Enige beleggers daarbuite??? :mrgreen:

  15. mykopop Says:

    Roer, ek het al so daaraan gedink - hoekom laat hulle mens nie werk tot jy 30 is, dan ken jy nou jou werk mooi - dan tree jy af op pensioen vir 20 jaar en daarna moet jy weer begin werk tot jy dood neerslaan? Aan die ander kant, dan sou my aftrede nou amper verby gewees het.

    Gelukkig sien ek daarna uit om binne 6 jaar “af te tree” uit die werk waarin ek nou is en dan iets heel rustig aan te pak, soos om te sit en kyk hoe my skapies groei. Sien die voordeel daarvan om vroeg te trou, jou kinders te hê en groot te maak?

  16. Roer Says:

    Rustig, mooi wêreld daai.
    Riaan, my man sê ook dit staan nêrens in die Bybel nie.
    Kaalvoetkind, bly om jou weer hier te sien. ;-)
    Krista, R40miljoen… dit klink skaflik.
    Wip, ek stem. Ek wens ek kon sulke mooi foto’s neem.
    lol@Pikkie
    Rosa, daai plek is awesome. Ons wil beslis weer gaan.
    Kyker, ons werk ook maar aan daai neseiertjie jong.
    A3, jy verantwoordelik?! Assemblief! :lol:
    Demoerin, dis ongelukkig nie almal te beskore nie…
    DsAttie, jy laat my nou aan Pinky & the Brain dink. :D
    Duskant, ek stem.
    Zee, dankie vir die link.
    BB, ons sal hopelik van jou 1ste klante wees.
    Blok, goeie idee, maar ek dink nie ek sal wil teruggaan werk toe na dit nie.

  17. Adrie Says:

    Roer

    Ek is verantwoordelik met geld (maar nie met my kredietkaart nie), seks en kinders wat ek oppas. Waarvoor is verantwoordelikheid nog nodig?

  18. Roer Says:

    Woorde

  19. Adrie Says:

    Roer

    Ek moet nog daaraan werk, toegegee. Sal jy omgee as ek begin op my 30ste verjaarsdag?

  20. Skoor Says:

    Ja, aftree is nie vir almal beskore nie, maar daar is tog oumense wat weet as hulle die dag die boeke toemaak, hoor hulle die kis se deksel ook klap.

    Ek het noudie dag ‘n 84 jarige Duitse tannie gehelp trek na haar aftree oord. Ek was skuins morbied toe ek daar uitkom. Net om te sien hoe sit en wag daai oumensies vir die dood.

    My opinie: Die Here moet maar gou kom, of ek moet vroeg dooi, want so wil ek asseblief nie oud word nie.

    Met my moerigheid wil jy anyway nie weet hoe ek gaan wees as ek seniel raak nie. Oe jimmil…

  21. Roer Says:

    :lol: Daarmee het ek nie bedoel JY moet verantwoordelik wees met woorde nie, pop. Ons almal en ek staan 1ste in die ry. 30?!!! ‘n Blote kind… Ek het jou seker nog ontgroen ook!

  22. Roer Says:

    Skoortjie, Watse gewag vir die dood. Ek gaan die lewe in daai ouetehuis wees! Maak net seker jy skryf jou in daar by my ouetehuis. Jollie patrollie, kierie en al.

  23. Wipneus! Says:

    Roer :lol: kierie en al? Ek wil ook in jou ouetehuis wees!

  24. Emil Says:

    Mooi geRoer in parraland!

  25. Roer Says:

    Emil, ;-)

  26. Wipneus! Says:

    Roer ek hou van jou parra skrywe hie hie :)

  27. Adrie Says:

    Roer

    Grap jy nou, Nico (uit die siel van ‘n boer) kon my regtig ontgroen het. Hy is die regte ouderdom.

  28. boendoe Says:

    Hiehiehie, Roertjie, DIS hoe ek jou ken: soplepel innie hand en behoorlik aan’t stirre! Ek kan nou net vir jou smile! :wink:

  29. Roer Says:

    ((((((((Boendoe))))))))) Welkom terug! :D

  30. annedelicious Says:

    ooooohhh!i can picture myself with that rok on,onder water,ek hou van nat wees met n wit rokkie aan.

  31. Roer Says:

    Sicko!

  32. Rustig Says:

    My pa is 73 en werk nog steeds. Hy het op 50 die plaas verkoop. Sedertdien werk vir homself en doen die onderhoud aan die “afgetredes” se huise in ‘n aftreeoord. Hy self bly nie daar nie. Op 70 van dubbel verdieping afgeval, amper verlam en na operasie weer gaan werk. Hy glo as mens ophou dan gaan mens dood.

  33. sonkind Says:

    Roer, hulle het die kommentaar toegemaak op Bosparra by jou stuk oor Steve en jou kommentaar is ook toe by jou skrywe, daarom neem ek die “liberty” en lewer hier kommentaar.

    10 uit 10 vir jou! Ek ’salute’ jou, ek haal my hoed af en ek buig laag. As daar al ooit “poetic justice” was, dan was dit nou daai stuk van jou op die Bosparras se blog. Ek gaan nog laaaank lag en lekkerkry :twisted:

  34. Jasper Says:

    Tone in die sand Roertjie. Tone in die sand. Mens is nooit te jonk om af te tree nie ;)