Kopiereg

Nie seker, soos ek, wat jy mag en nie mag doen op jou blog/s. Miskien kan jy ook baat vind hierby. Gaan kyk gerus hier, maar kortliks:

“Outeursreg word gedefinieer as die reg wat die outeursreghouer van ʼn oorspronklike werk het om ander te verbied om ongemagtigde kopieë van sodanige werk te maak. Met ander woorde, outeursreg verleen aan die eienaar van outeursreg die reg om andere daarvan te weerhou om sonder sy/haar toestemming onder andere skendende kopieë of reproduksies van die werk te vervaardig of te laat vervaardig, om dit die eerste keer aan die publiek beskikbaar te stel, om dit in die publiek op te voer en, in sommige gevalle, om dit uit te huur of te koop aan te bied.”

Vereistes vir Outeursreg

  • Oorspronklikheid
  • Materiaal moet in ʼn tasbare vorm aangebied word
  • Outeur moet deur SA reg as ʼn regspersoon erken word

 Interessante leesstof oor hierdie speletjie wat ons speel. Dis ‘n ou artikel, maar seker nog van toepassing.

Explore posts in the same categories: Algemeen

18 Comments on “Kopiereg”

  1. mykopop Says:

    Ja, dis nogal moelike terrein. Ek het bv. weke spandeer om my gunstelinggedigte van DJ Opperman uit te soek vir my inskrywing Dirk der Duisende. (Selfs die titel is die titel van een van sy gedigte!) Vir hoeveel mense sou dit van waarde gewees het as ek net gesê het hier is die bladsynommers in sy versamelde gedigte? Daarom het ek die gedigte volledig geplaas, wat tegnies ‘n verbreking van kopiereg is. Sou die uitgewer my aanvat, sal ek (of my prokureur) kan redeneer dis eintlik goeie advertensie vir sy versamelde werk, want dit mag ander mense prikkel om die boek te koop, want hulle weet dat smaak verskil en hoop dalk om beter gedigte daar te vind as wat ek uitgesoek het.
    Ek probeer darem altyd om iets te sê oor dit wat ek kopieer, anders, is dit werklik blog as jy iets net so kopieer?

  2. annedelicious Says:

    baie interesting,was going to put fotos van my en vader xmas op my kombuis tafel op die blog maar julle bloggers gaan my fotos obviously verspry,so wella vir julle,ek hou dit vir myself.

  3. demoerin Says:

    Roer, ja, daar is seker ‘n fyn ou lyntjie. Probleem is net. Waar is hy? haha

  4. Jasper Says:

    Mykopop, ek dink jou werk is meer soos resensie… Watter skrywer sal nie die tipe van publisiteit waardeer nie?

    Oor kopiereg in die algemeen, hoe werk dit dat materiaal moet tasbaar wees. Op die internet is niks tasbaar nie. Miskien moet daar ‘n heroorweging van die SA reg wees oor die topik…

  5. mykopop Says:

    Jasper ek weet niks van die reg nie, maar ek het so ‘n idee “op die internet” behoort deur te gaan as tasbaar. Ek dink tasbaar beteken net dis nie net in jou kop of jy het dit vir iemand voorgedra nie.

  6. Roer Says:

    Presies Blokkie. Bv ek het nou ‘n gedagte vir ‘n possie wat ek volgende week wil skryf, maar niemand kan dit by my steel nie, want dis nog nie op papier of dan op die internet nie. Dis hoe ek dit verstaan inelkgeval.

    DMI, ek’s te bang om daai lyntjie te toets… :-)

  7. Emil Says:

    Hemel, ons is seker almal op een of ander manier hieraan skuldig. Ok, die fotos van my laaitie by my posts is vanelfsprekend myne - o gaats, my vrou neem ook fotos - ek moet haar seker ook erkenning gee :lol:

    Ek probeer maar die ouens se name by kwotasies ens insit, maar dit is tog wat akademici doen - ons kopieer mekaar maar en gebruik ander woorde - dis amper ‘n soort incest.

    Maar om te blog beteken tog oorspronklikheid. Ek dink dit is soos enige geskrif - mens moet erkenning aan jou bron gee, soos om die link by te sit as jy na ‘n artikel verwys, en aanhalingstekens, ens.

    Kan ‘n mens ‘n ander se idee steel :evil:

  8. Roer Says:

    Emil, dis hoekom ‘n mens soms ‘n hele aanhaling copy en paste, want links werk nie altyd nie of word mettertyd verwyder van die oorspronklike webblad; maar jy’s reg. Die goue reël is seker gee erkenning.

  9. Adrie Says:

    Dit is nogal ‘n tameletjie. Eish.

    Ek sit bitterselde iets anders as iets wat ek uit my duim gesuig het op my blog. Maar ek sal ‘n gedig plaas van iemand wat reeds dood is.

  10. Wipneus! Says:

    Roer hierdie is ‘n baie ingewikkelde saak, ons is nou besig met ‘n HGH Intellektuele eiendom saak waar ons sagteware gebruik word sonder ons toestemming (om geld te maak), moes baie regsboeke naderpluk oor hierdie onderwerp. SA is nog bietjie agter met die een. Sodra jy begin geld genereer uit ander se intellektuele eiendomsreg begin die groot probleme……

    Soos julle seker al gesien het, ek is baie lief vir mooi gedigte en mooi stukkies so ek sit dit in my skrywes met die nodige krediet….maar dis verseker ook nie reg nie. My prentjies is rf.
    As ek van iemand anders foto’s sou plaas vra ek hulle toestemming.

    My jongste was nou die dag heel verontwaardig oor ek ‘n foto van hom op my ander blog geplaas het, hy sê dis sy eiendom en ek mag dit nie doen nie. Antwoord ek hom toe: Mannetjie jy is myne, ek het jou gemaak, jy is my” intellectual property right”

    :lol:

    Lekker naweek hou

  11. Johan Swarts Says:

    Hehe, dis nou juis een waarmee ek ook worstel die afgelope tyd. Ek stem saam met Jasper - ek dink Mykopop se geval is fine (hoewel ek tog die bladsynommers by sou sit - dis bloot makliker om die gedig te vind), want hy hou nie die gedig voor as sy eie nie.

    Tog, ek besef dis ook nie so eenvoudig soos dit nie.

  12. Dellie Says:

    Dit is ‘n moeilike ene ja, ek probeer ook maar om te link of ten minste die erkenning te gee as ek iemand anders se goed plaas. Nou praat ek nie van die copy en paste jobs as ek e-mail jokes kry nie… en nou wonder ek ernstig. :shock:

  13. rosalindfranklin Says:

    Die wet op publikasie se niks van blogs nie, die web is ‘n wrede wereld waar heen wen weer gesteel word. Mens is veilig sodra jy net nie geld maak nie (advertensie, sindikasie en mense geld vra om te lees)

    En wat se ons wet is publikasie? Dit is nie my ou blokkie nie. Its out there and its free for all in the cruel world.

    Ek ek voel wat ek skryf is nou regtig spesiaal sal ek dit nooit, ooit, op ‘n nie-kommersiele blog, nog minder op my eie blokkie loop plaas nie. Dan publiseer jy waar die groot mense speel.

  14. Riaan Oosthuysen Says:

    So leer ek ook. Gelukkig of ongelukkig weet ek nie veel hiervan nie maar loop maar lig. Ek dink tog daar behoort al hofsake te wees oor kopiereg op blogs. Mens moet net op die regte plekke gaan soek en met die regte mense praat. As daar nog nie is nie, gaan daar binnekort wees.

  15. rosalindfranklin Says:

    Oorsee was daar verseker al hofsake, ek is oortuig. Maar daar sue hulle iemand as hulle in hul eie huise neerslaat.
    Maar in SA? Ek twyfel, hulle kan hier nie eers die massas kinderpornografie en vals advertensies beheer/polisieer nie, hoe kan hulle ‘n gediggie wat hier en daar “gesteel” word in die hof met erns bejeën? Nee wat.

    Jy sal hooggeregshof toe moet gaan en ‘n advokaat kos nie soveel soos ‘n prokureurs-dreigbriefie nie.

    Persoonlike blogs is vir my vir die pret. Skryf ‘n boek as jy die wereld wil verander of publiseer dan in die big league.

  16. Emil Says:

    Ros* ek stem saam. Aan die einde is die ontstaan van blogs gemik gewees op persoonlike ervarings en dagboeke - sjoe, in my joernale het ek wil stukke neergeskryf uit ander se werk vir my eie verwysing. Maar dan was my joernaal natuurlik net vir die private ek. Blog is in die publieke domain - en as iemand jou stuk uitdruk op sy drukker by die huis - is dit publikasie? :lol:

  17. Pikkelik Says:

    En ek is al so bang om te blog….!!!!! :roll:

  18. Nikita Says:

    Wanneer ek iets “copy” sal ek gewoonlik die link daarby plaas…die internet laat mens baie toe deesdae… ek dink net dis goeie maniere/etiket om ‘n link te plaas of te se waar jy dit gekry het, dieselfde met ‘n digter se naam. Ek gebruik baie inligting van ander internetbladsye en hou daarvan, want daardie kennis het ek nie altyd nie, of dis in elk geval in boeke iewers en waarom gaan ek my moeg maak om bladsye te “scan” … of my brein moeg maak om op te lees net om in my eie woorde weer te gee…ek is lankal verby daardie dae…nie meer op skool waar ek moet “essays” skryf nie…dis heeltemal te harde werk… maar wanneer ek blog oor my eie “ding”, gaan ek beslis nie ‘n woordeboek insluk om te se wat ek wil se nie…dis my “scrapbook” … goeie possie van jou! Roer! om ons op ons tone te hou! ;)