My helde

Ek sien mense is weer besig om die goed wat ander probeer doen, af te breek en die Mighty Men Conference word gekritiseer van alle kante af. Hoekom sou iemand so iets wil kritiseer. Wel, daar is seker verskeie redes. Meeste, dink ek, het issues met die kerk en of dan Christene. Wat ookal hulle noop om dit te doen, dis swak styl.
Meeste lyk my klaag dat mense nou bang is oor die situasie in die land en voel as hulle terug gaan na God, sal Hy alles mooitjies reg maak. God het ons nie ‘n vreeslose lewe belowe nie. Hy het wel gese^ Hy sal daar wees vir ons. Ek was natuurlik self nie daar nie, maar ek dink dit het gegaan oor mans op te bou met Christelike karakters. Dit was die uitdaging. +- Sestigduisend mans het nie byeen gekom omdat hulle glo die Here straf ons in hierdie land oor ons van Hom en Sy weE afgewyk het nie, MAAR as dit die situasie in die land is wat sommige mans tot insigte bring, dan het daar tog iets goeds uit ons benarde situasie gekom.
Dit gaan oor dat mans in die land besef dat dit wat die we^reld hulle bied en die we^reld se standaarde nie antwoorde is vir hul probleme nie en dat hulle nederig genoeg is om bymekaar te kom en raad en leiding te vra en hulle rol as mans te vervul en as daai rol nie deel is van JOU sosiale raamwerk nie, het ons begrip daarvoor, maar Christenmans moet aanvaar dat Christus hulle Hoof is en hulle moet Sy raad en leiding soek. Dis waaroor die konferensie, in my man se beskeie opinie, gegaan het.
Aan mans daar buite wat die regte ding probeer doen. Om goeie ouers te wees. Om goeie eggenote te wees. Om goeie broodwinners te wees (ja, want nie alle vrouens het ‘n probleem daarmee nie) en om net oor die algemeen ‘n maksimum man te probeer wees (as ek Louis Malherbe se term kan gaps). Ek vir een is so trots op julle.
Dit is nie maklik nie, maar weet dat daar van ons is wat julle baie waardeer. Julle is die mans wie ons as voorbeelde vir ons kinders kan voorhou met trots. Julle is die mans waarop ek en baie ander vrouens trots is. En aan MY man, jy doen goed liefie. Jou beste is beslis meer as goed genoeg.
April 28, 2008 at 1:04 pm
Goodness Gracious, net nou gaan draai dit in die grondwet hof omdat dit ‘n Mighty Men Conference is. Geslagsdiskriminasie.
In alle eerlikheid, wat het hulle nou eindlik verkeerd gedoen om ‘n naweek saam te gaan bid? Moet sekere mense absoluut alles kritiseer? Het die mans dan iemand te nagekom?
April 28, 2008 at 2:30 pm
Dankie vir hierdie post, Roer. Jy sit weer ‘n ander perspektief op die gebeurtenis.
April 28, 2008 at 2:31 pm
60000
Dis ‘n redelike weermag
April 28, 2008 at 2:40 pm
Die vraag is natuurlik of die rol waarvan jy praat volhoubaar is, waar dit vandaan kom of it moet voortgaan.
Let wel, ek sê nie dis sleg of agter die klip of iets nie. Maar te min, dink ek, onderwerp mense hulle net aan die norme van hulle voorgeslagte sonder om eers ‘n bietjie daaroor te dink.
Dis goed en wel om te sê iets is deel van jou sosiale raamwerk, maar dit kan gevaarlik raak as dit gebruik word as ‘n verskoning vir die voortleef van iets wat dalk nie meer moet voortleef nie.
April 28, 2008 at 3:23 pm
Welgedaan Angus!! Maar ook almal wat opgeoffer het om daar te wees. Ek was toevallig In Durban op die lughawe toe honderde mans aangekom het, van oral oor.
Die Christendom sal altyd gekritiseer word, soos Christus aanstoot gegee het. Miskien sal baie weer terugval, maar gelukkig is daar weer vergifnis en hoef hul nie te bly le^ nie.
Die Christendom sal voortleef want dit hang nie van mense af nie!!!
Mooi Manne en ook die baie wat nie daar was nie, maar wat vasstaan!
April 28, 2008 at 7:15 pm
Mnr Roer, jy is ‘n gelukkige man om Mev Roer aan jou sy te hê.
April 29, 2008 at 7:05 am
)))))Roer(((((
April 29, 2008 at 7:19 am
Enigiets om mans te fokus….
Ek is oortuig meer positief as negatiefs sal hiervan kom, maar ek hoop almal keer een keer ‘n jaar terug vir ‘n refreshing course - ons weet almal mans het nie sulke goeie attention spans nie.
Fokus, manne, fokus!
Welgedaan Angus, ja, mense sal altyd iets probeer afkraak, of negatief maak, veral as dit nie hulle inisiatief was nie. Dis mos maar die mens se manier. Gelukkig is daar meer positiewe terugvoering as negatief!
April 29, 2008 at 8:08 am
as alady,which i am,excellent!ek wens ek was n man!
April 29, 2008 at 9:01 am
Johan, dankie vir jou bydrae. Ek weet nie…ek dink op ‘n sosiologiese vlak dit sal altyd volhoubaar wees (solank daar behoeftes is). Dis maar soos meeste dinge in die lewe. Jy moet daaraan werk. Jy weet mos, sodra dit goed gaan met ons, dan is ons mensdom geneig om van God te vergeet.
Waar dit vandaan kom weet jy en ek wil nie in ‘n teologiese debat betrokke raak nie. Daarvoor het ek nie genoeg kennis nie en dit was nie die punt van my pos nie.
“Dis goed en wel om te sê iets is deel van jou sosiale raamwerk, maar dit kan gevaarlik raak as dit gebruik word as ‘n verskoning vir die voortleef van iets wat dalk nie meer moet voortleef nie.” Soos wat? Ek sidder om te dink wat jy hiermee bedoel.
“of dit moet voorgaan”… Sjoe. Ek hoop ek verstaan jou reg. Gestel die haters van die Christendom (en ek sê nie jy is een van hulle nie) kry dit reg om almal te oortuig dis ‘n klomp snert (met respek gesê), wat dan? Sal hulle dan tevrede wees? want ek kan jou wed Christenwaardes dra grotendeels by tot goeie gesinsstrukture (in Suid Afrika). Sal hulle accomplished voel as meer en meer gesinne in die skeihof draai? Ja, daar is mense wat die ‘wees onderdanig aan jou man’ misbruik, maar ek dink tog die God van die Bybel se riglyne vir die huwelik en gesinne kan net voordelig wees vir ons samelewing. So ‘of dit moet voortgaan’ in my opinietjie, beslis.
April 29, 2008 at 10:31 am
Soos ek dit verstaan van die “konferensie” was daar klem gele op die persoon en die mad se posisie in sy gesins verband. Ek sien nie probleem daarmee nie. Snaaks dat die liberale denkers nie moslems aanvat nie. Mans aanbid ook appart en vrouens sit agter gordyn.
Ek ondersteun die byeenkoms ten volle.
April 29, 2008 at 2:46 pm
Eish, daai vers maak my ongemaklik. Dis nie eers Jesus wat dit gesê het nie, dis Paulus. (Onthou ek reg?)
April 29, 2008 at 3:21 pm
Ja. Was Paulus. Jy weet mos dit maak my ook ongemaklik (verwys http://kruidjieroermynie.wordpress.com/2007/09/18/ag-die-wereld-vroue-werklik-minderwaardig/ )
April 29, 2008 at 8:57 pm
Mooi gese en dankie. Ek was nie daar nie, maar by sy streeksbyeenkoms so paar weke tevore. Ek beywer my ook (in my kring van invloed) om mans weer hulle regmatige plek in die samelewing te laat opneem as koning, priester en profeet. Dis opwindend dat 60,000 mans AMEN gese het op hierdie roeping.
Iets moes goed gewes het want die duiwel is los, en hy is net moeilik en omgekrap as ons sy koninkryk ‘n knou toegedien het!
April 30, 2008 at 7:25 am
Goed geskryf Roer!
Ja, al vat dit 60,000 op ‘n slag om hulle lewens ten goede te verander! En so daarmee die mense om hulle te beinvloed.