Ontdoos of ontplof

    

Blondines is so dom” se^ die brunette terwyl sy haar roomys koud blaas. ”Prokureurs is almal skelm” se^ die motorwerktuigkundige terwyl hy ‘n motor se kilometerlesing terug draai. “Politikuste is almal korrup” se^ die rekenmeester terwyl sy haar kliEnt se boeke ‘kook’. “Blou Bul ondersteuners is almal arrogant” se^ die Sharks ondersteuner terwyl hy by ‘n ry in druk. “Swart mense is dom” se^ die wit man terwyl hy slegs een taal kan praat (en die swart man drie). “Wit mense is almal rassiste” se^ die swart joernalis terwyl hy swart mense op sweep in sy weeklikse politiese rubriek. “Ateiste is mal om nie in ‘n God te glo nie” se^ die Christen terwyl sy ‘n fortuinverteller besoek. “Christene is almal huigelaars” se^ die ateis ”en ek sal nooit aan ‘n Opperwese glo nie …touch wood“. “Moslems is almal wreed” se^ die Jehova Getuie terwyl sy weier om die Moslem dokter toe te laat om haar dogter ‘n bloedoortapping te gee. “Rekenaarfundi’s is almal nerds met antisosiale neigings” se^ die alkolis. “Vrouens kan nie bestuur nie” se^ die man terwyl hy oor ‘n rooi lig jaag. ”Mans is almal varke” se^ die vrou terwyl sy planne beraam om haar eks te keer om sy kinders te sien. “Vrouens is almal bakleierige tewe” se^ die man terwyl hy sy vrou aanrand. “Bloggers is almal veroordelende idiote” se^ die bloglose veroordelende idioot.

Ensovoorts. Duisende gemerkte dose vir miljoene onbekende mense.

Soms is dit nodig om te oordeel bv. wanneer jy ‘n onderhoud met iemand voer vir werk, moet jy binne ‘n redelik kort tydjie ‘n besluit maak oor iemand se karakter. Of as dit kom by jou veilig bv. as iemand by jou huis aanklop vir hulp. Ons almal oordeel en soms is dit nodig. Wanneer dit ‘n probleem word, is wanneer ons stereotipering of veralgemening dan onregverdig en ongegrond is en tot nadeel van die veiligheid van ‘n sekere groep mense kan lei (soos bv. Bullard en Quelane se artikels). Hoe om dit te stop is die groot vraag. Dis tog so ‘n aansteeklikke siekte. Ek verstaan dat seker mense sekere kenmerke sal deel a.g.v. miskien kultuur, maar veralgemening kan gevaarlik wees. Vra maar vir die Jode.

Anyway, dis maar net iets waaraan ek dink elke keer as ek hierdie tipe goed lees.

Explore posts in the same categories: Algemeen, Politiek

14 Comments on “Ontdoos of ontplof”

  1. Wipneus! Says:

    Goeie inskrywing Roer, mens moet deesdae baie versigtig trap. Moet sê, deesdae laat my oordeel my in die steek. Miskien maar die ouderdom….

  2. mykopop Says:

    Baie waar.

  3. Riaan Oosthuysen Says:

    Oordeel is gevaarlik, maar wanneer jy moet besluit tussen reg en verkeerd, is dit reg, opstaan vir jou geloof, dan is dit geoorloof.

    Goeie inskrywing.

  4. Rustig Says:

    Is waar, maar ek is al verby die stadium om polities korrek te wees. As iets stink dan stink hy en die hemel weet geen oulike beskrywing gaan dit laat lekker ryk. Die probleem kom dat ons kan nie uitspreek oor iets as ons self daaraan skuldig is.

  5. boerinballingskap Says:

    Mense is lief vir veralgemenings, want dit bied eenvoudige verklarings en spaar hulle die moeite om verder te dink of te ondersoek.

  6. Riaan Oosthuysen Says:

    Mighty Men v Eskom

    http://oosthuysenattorneys.blogspot.com/2008/04/mighty-men-v-eskom.html

  7. Adrie Says:

    Goed gedoen. Dit kom seker weer daarop neer dat as jy vinger wys, wys 3 vingers dadelik terug na jou toe.

  8. sonkind Says:

    Ek dink ons almal veralgemeen op een of ander stadium. Ekself verpes dit ook, maar ek weet vir ‘n feit ek was al self skuldig daaraan - “Alle VW Golf bestuurders is arrogant” :lol:

    Soos Adrie tereg se^, mens moet maar mooi kyk waarheen wys jou ander vingers, terwyl jy vinger wys.

  9. Roer Says:

    Net vir die wis en die onwis, hierdie is nie ‘n ‘guilt trip’ pos nie. Dis maar net iets waarteen ek myself waarsku, want ek is skuldig hieraan (veralgemening). Vat nou maar vandag toe die liefie so bietjie kla oor die pyn in sy skouer…julle weet…gebreekte sleutelbeen… toe moes ek myself keer om iets kwyt te raak soos “mans is tog so pieperig” en dit is mos GLAD NIE waar nie. ;-)

  10. Wipneus! Says:

    Uh uh Roer mans is vreeslik pieperig as hulle siek is en pyn het!
    Maar moet sê so gebreekte sleutelbeen is baie seer, ek sou definitief ‘n groter “show” opgesit het as jou Liefie. Natuurlik vir meer simpatie, hoe dan anders….

  11. Nikita Says:

    Dit laat my aan myself dink! ;) “Die Engelse is…” voltooi hom vir jouself…LOL!

  12. demoerin Says:

    Roer, ek stem. Gaan liewers nie weer hieaan vat nie. Wat boer sê in eintlik ongelooflik waar, die veralgemenings maak dit so maklik om nie verder te dink nie.

  13. annedelicious Says:

    if i was white,which i am.i would buy me a farm,which i did,and grow some baby mugabes,which i plan,then kick the living s#$@ out of them,which i can.

  14. Roer Says:

    Nog ‘n veralgemening:
    Mense wat die hots vir vader xmas het, is sertifiseerbaar!