‘n Johnny Bravo oomblik
Vandag het ek iets baie stoepit gedoen, maar ek kry so skaam daaroor, ek deel eerder Johnny se oomblik met julle. Kom ons sê maar net my situasie was anders, maar ook maar nie veel nie. Inelkgeval, as ‘n mens nie vir jouself kan lag nie…
April 23, 2008 at 4:19 pm
As ek die cartoon so kyk dan wonder ek wat jy gedoen het?
April 23, 2008 at 4:25 pm
Riaan, welkom en dis my geheim.
April 23, 2008 at 6:42 pm
Sies man Roer, jy moet deel sodat jou maters saam met jou kan lag.
April 24, 2008 at 4:57 am
as a lady, which i am,i think the 2 of us should sit over a cup of tea,then you tell me ur secrets,remember………..the carrot cake contains…….NO NUTS!!!
April 24, 2008 at 5:53 am
Kom nou Roer, jy sal ons MOET vertel!! Ek wonder of jy dalk een bruin en een swart skoen aangehad het?? Dit het al met my gebeur: 2 pare “boots”, een paar swart en een paar bruin, ‘n effe donkerige aantrekkamer vroegoggend, laat vir werk en voila!!
April 24, 2008 at 6:21 am
Roer
Ek gaan jou kielie tot jy my se.
April 24, 2008 at 6:49 am
How, ek weet nie maar ek wonner of dit seer was? Sommer my dag gemaak, ou Johnnie bly ‘n gunsteling!
April 24, 2008 at 7:43 am
April 24, 2008 at 8:19 am
*sug*
Hierdie een gaan saam met my graf toe (oor BAIE jare natuurlik). Julle sal die mense in die winkelsentrum waar ek NOOIT weer gaan shop nie, moet omkoop vir die storie, maar ek weet nie of hulle lank genoeg sal kan ophou lag om julle te vertel nie.
/me bloos van voor af van skaamte
April 24, 2008 at 8:21 am
Very misterious!!!!
Nou sal ek my voortande gee om te weet….
April 24, 2008 at 8:27 am
Mr. Bean has NOTHING on me! /me bars in trane uit
April 24, 2008 at 8:34 am
Whaaahaahaa het jy jou bloomer verloor?
April 24, 2008 at 8:35 am
Het jy jou klere onderstebo aangetrek, het jy vergeet om jou pantoffels uit te trek. Gee die winkel se naam, ek sal hulle omkoop!
April 24, 2008 at 8:37 am
Shame Roer hier is vir jou ‘n kleenex, geen mens kan huil oor iets waaroor almal lag nie. Adrie sê jou nuwe naam is Tannie Lepel!!!
April 24, 2008 at 8:40 am
Ag nee, man, dit kan mos nie so erg wees nie! Vertel, toe, seblllieeefffff?
April 24, 2008 at 8:57 am
Roer het dronk by die winkel in gestorm, gegly en geval.
April 24, 2008 at 8:57 am
Roer het iets gesteel en was toe gevang.
April 24, 2008 at 8:58 am
Roer se kinders het die hele plek afgebreek.
April 24, 2008 at 8:59 am
Roer het ‘n wetenskap verloor en moes kaal gaan inkopies doen het.
April 24, 2008 at 9:02 am
Wag, wag
Roer het kliphard begin sing, toe klap almal hande dat sy net moet ophou.
April 24, 2008 at 9:11 am
Ek het dit!!!!
Roer het gaan piepie en toe met toiletpapier wat agter uitgesteek het klaar inkopies gedoen.
Kon erger wees. Sy kon haar romp by haar gstring ingedruk het.
April 24, 2008 at 9:26 am
A3: “Roer se kinders het die hele plek afgebreek.” Daaraan is ek gewoond. Ek bring hulle volgende week na jou huis vir ‘n kuier!
Neveryoumind, gannit nie uit my uit kry nie!
April 24, 2008 at 9:32 am
Roer
Ek kom kielie dit more uit jou uit.
April 24, 2008 at 11:48 am
Het jy ‘n winkelrak laat omdonner??? Ek sal nou my linkernier skenk om te weet…ai, die nuuskierigheid kry die oorhand! Ek het al baie stupid goed oorgekom, maar gelukkig kan ek lag daaroor…
April 24, 2008 at 12:17 pm
So van wanneer af is jy so phsychic Kaalvoetinireen?! Dit het ‘n snowball effek gehad toe ek die gemors probeer reg maak wat ek veroorsaak het. Soos ek sê, Mr. Bean’s got nothing on me. Die probleem met hierdie tipe stories is, jy kan dit nie oor vertel nie. Niemand sal jou glo nie!
April 24, 2008 at 12:40 pm
Roer
Kaalvoetinnireen gee haar linkernier en ek my regternier en die helfte van my lewer.
Watter winkelrak.
Ek glo alles.
April 24, 2008 at 12:50 pm
Flippit A3. Laat dit gaan! Ek het al klaar terapie nodig soos dit is.
April 24, 2008 at 1:03 pm
Ek sal voortand en ‘n oog skenk…
Ag toe Roer???
April 24, 2008 at 1:14 pm
Roer
Ek skenk die hele ousie en haar kjinners as jy vertel.
April 24, 2008 at 1:22 pm
/me druk ore toe en sê “lalalalalalalala, kan julle nie hoor (of sien) nie, lalalalala”
A3, Sam gaan jou aanrand as sy weet jy verkwansel haar so. Om nie eers te praat van haar kinders nie!!!
SO, die weer is nogal mooi hier in die Kaap. So ligte koue briesie, maar niks erenstigs nie. Ek hoor dit gaan môre dalk reën. Bummer.
April 24, 2008 at 1:35 pm
ROER!!!!!!!!!!
Sam le met haar gat in die hospitaal en haar kids is soos my eie. So as jy niks se nie, gaan sy niks weet nie.
Okay, Sam en haar kids van die tafel af.
Ek gee jou Sam se suster en haar kids. En my en Sam se Ousus, met haar kids en haar man. Dit is 7 mense.
April 24, 2008 at 1:56 pm
Roer, so gebore of gebliksem…take your pick! Toemaar, ek het ook al sulke goed oorgekom en meer as eenkeer. Ek besluit mos ek wil nie die boonste ene he nie, maar die een onder en dan donner als af en soos jy probeer keer, maak jy dit net erger en as jy weer sien le dit wat eens op die rak was, nou op die vloer. Dit help ook nie om anderpad te kyk of om weg te stap nie! Daar is altyd iemand wat jou sien…As dit jou beter sal laat voel…dis nie die ergste poepol wat ek al van myself gemaak het nie! Maar dis gelukkig nie hier ter sprake nie
April 24, 2008 at 3:18 pm
A3, nee! Nee! NEE!
Kaalvoetinireen, so bietjie van albei… alhoewel my ma reken TE MIN van die een.
April 24, 2008 at 4:12 pm
Roertjie,
Jy moet maar aan hou om die pilletjies te vat jong…
April 24, 2008 at 4:36 pm
Sies Jas!
April 24, 2008 at 4:57 pm
Roertjie - ek dink ons begin sommer hier by jou dan ‘n nuwe TAG-speletjie… ek TAG jou om jou most embarassing moment EVER met ons te deel
April 24, 2008 at 6:05 pm
BB, snaaks genoeg, dit was nie gister nie. Ek het al een keer iets erger beleef. Picture this… ‘n Warm dag in Pretoria. Ek en my broer ry gou stad toe en stop voor ‘n vol gepakte restaurant. Dis al waar ons kon parkering kry. Ek in ‘n skattige swart en wit sonrokkiekie wat net so bokant die kniekiekie sit. Boetie bestuur. Nes ek die deur toe maak aan die passasiers kant, bars daar ‘n groot gelag agter my uit. Jip. Die sonrokkie het in die broekie vasgehak. Aan die BOKANT nogal. Boetie het net gesê “klim in die kar”. Binne 10 sekondes het ons in die enigste beskikbare oop parkering in Pretoria gestop, uitgeklim, terug geklim/spring en weer gery/weggeja. Ek dra nie meer rokke nie.
Jou beurt!
April 24, 2008 at 8:26 pm
???! ???!! ???!!!
April 24, 2008 at 8:26 pm
Daai ene wat jy vroeer oorgekom het is ‘n erge een, dit kan gebeur nadat mens by die toilet ook was! LOL.
Ek is altyd bang ‘n stuk toiletpapier hak dalk vas en sit aan die pantie vas en hang lank uit, of so iets.
Dit video se hy is: nie meer beskikbaar nie. Of is dit net probleme aan my kant.
April 25, 2008 at 4:37 am
Roer
Groot ASSEBLIEF?????
Of moet ek LH stuur om hier te kom tjank.
April 25, 2008 at 6:56 am
En nou’t jy my nuuskierig…..
April 25, 2008 at 7:44 am
Whaaaaaaaaa het nou lekker gelag vir julle almal
Roer, kom vertel bietjie jong!!!!
April 25, 2008 at 8:11 am
Roer
*fluister
Ek gee jou Zee se laptop vir die storie.
April 25, 2008 at 9:05 am
lol… arme Johnny…
… 10/10 vir dames!
April 25, 2008 at 9:25 am
Adri, nooit jong, wil jy hê ek moet weer wegkwyn…. laat ons bietjie dink wat ons vir haar kan gee
April 25, 2008 at 9:30 am
Zee
Sorry, ek is al desperaat. Jy sien mos, ek ruil sommer my vriendin en haar kinders in vir die storie, maar sy wil niks weet nie.
April 25, 2008 at 9:59 am
Kop besering?
April 25, 2008 at 10:42 am
dont tell pleeeeeaaassseeeeee! wots wrong with these people…. ok tell….dont tell….tell….dont tell….tell ….dont tell….
April 25, 2008 at 11:44 am
Anne
Moenie dat ek met jou moet sukkel nie.
Roer
Ek gee vir jou al Anne se organe.
April 25, 2008 at 11:45 am
Roer het jy nog nie vir ons vertel nie, ag nee sies man, hoe kan ek nou gaan naweek hou…. sê nou asseblieffff..
April 25, 2008 at 2:10 pm
Moving along swiftly …
April 25, 2008 at 2:11 pm
Roer
Wee jy. Ek sal jou kry. Ek gee nooit op nie.
April 26, 2008 at 3:40 am
dis vir my genoeg om te weet dat sy ‘n winkelrak laat omval het, want wat sal ek nou met die res van die inligting maak? Lekker naweek!
April 27, 2008 at 5:18 pm
Roer het nie net die winkelrak laat omval nie, maar dit het op haar omgeval. Toe sit sy vas.
April 30, 2008 at 1:04 am
OK, dit verander bietjie die prentjie! Sorry Roer, maar WHAHAHA
April 30, 2008 at 1:05 am
Eintlik is dit meer ‘n ROFL!
April 30, 2008 at 3:59 am
June 4, 2008 at 12:50 pm
[...] klas by Universiteit) op te laai (en hom daar laat staan in die donker…IN AFRIKA!)? Al ooit ‘n rak by ‘n winkel om laat val ten aanskoue van almal? Al ooit jou selfoon in die vrieskas gesit (en daar vergeet)? Twee broekies [...]