Barbie geskiedenis
Maak nie saak wat ons gevoel is oor hierdie poppie nie, sy’t haar merk gemaak in die geskiedenis van planeet aarde en hier volg ‘n paar belangrikke het-jy-geweet punte. (Vasvra volg binnekort so let op
)
Barbie is die uitvindsel van Ruth Handler (1959). Sy is vernoem na Ruth se dogter, Barbara. Ruth het ook ‘n seun gehad genaam Ken en die Ken pop (1960) is natuurlik na hom vernoem. In 1964 is Barbie se klein sustertjie gemaak en haar naam was Skipper. Eers in 1965 kry Barbie buigbare bene. In 1968 kry sy ‘n vriendin nl. Christie (’n swart pop). Snaaks genoeg ‘verdwyn’ Ken in dieselfde tyd vir ‘n volle jaar, maar toe hy die opvolgende jaar weer sy verskyning maak, het hy groter spiere, buigbare knieë en ‘n stem (laat jou wonder of Barbie nie op sy kop gesit het nie…). Barbie kry ook in 1965 ‘n stem en haar eerste woorde wat sy uiter is “I have a date tonight!” en “I love being a fashion model!” Teen 1970 is Barbie sommer baie verbeter en haar arms, nek, elmboë en enkels kan buig; haar ogies kan knik en haar middeltjie, hande, arms en bene kan in die rondte swaai. In 1971 met die hippie era, word Barbie ook vir ‘n wyle ‘n hippie. Haar gesiggie verander ook so bietjie en sy staar nou reguit voor haar. 1976 was baie besig vir onse pop. Sy word in 76′ ‘n Olimpiese skieër, ‘n gimnas, ‘n skaatser, ‘n dokter, ‘n verpleegster, ‘n ballerina en ‘n lugwaardin. Sy kry ook dieselfde jaar ‘n U.S. Bicentennial Celebration toekenning nl. “doll of the century”. Met die verrigtinge word sy in ‘n tydkapsule geplaas en die kapsule sal (mits Johannes reg is) in 2076 oopgemaak word. ‘Black Barbie’ en ‘Hispanic Barbie’ sien die lig in 1980 en ‘Oriental Barbie’ die jaar daarna. Mattel stop nie daar nie en begin die Internasionale Barbie reeks wat ‘Italian Barbie’, ‘Parisian Barbie’ en die ‘Royal UK Barbie’ insluit. In 1981 raak Barbie wild en ‘Western Babie’ word op die rakke geplaas. Groot ontwerpers het al vir Barbie klere ontwerp en gemaak en onder hulle tel Yves St. Laurent, Pierre Cardin, Jean-Paul Gaultier en Christian Dior (1985). Selfs Madonna het Barbie se klerestyl beinvloed en in 1986 dra sy ‘n ‘Day-Glo bustier’ en daai broeke wat ons dames so graag na verwys as ‘tights’. In 1989 het Barbie besluit uniform is sexy en ‘Barbie Air Force, Navy & Marine Corps’ word op die winkelrakke geplaas. Barbie het wel een fout in haar loopbaan gemaak nl. sy het probeer sing (hallo Paris Hilton). Haar groep se naam was ‘Barbie and the Beats’ en die fiasko het in 1990 plaasgevind. In 1994, nadat die stomme Barbie die woorde ”Math is hard!” uiter, word sy deel van ‘n nasionale debat oor dogtertjies en onderrig. Barbie raak ‘n bietjie rebels en in 1997 word sy Harley-Davidson Barbie. Wonder bo wonder vier Barbie haar 40ste verjaarsdag in 1999 en sy lyk nie ‘n dag ouer nie! Mattel gebruik ’n slim advertensie veldtog hiervoor nl. die ”Ambassadors of Dreams” waarmee hulle die boodskap “girls can be anything” oordra. Butterfly Art Barbie (Generation Girls) sien dieselfde jaar die lig en dis natuurlik die Barbie met die tatoeërmerk… Die jaar 2000 wil Barbie President word en sy beloof plegtig om te veg vir gelykheid, wêreld vrede, kinderregte, onderwys en die omgewing. Asof sy nie genoeg op haar program die jaar het nie, besluit Mattel dis tyd vir ‘Fashion Doll 2000′. 2001 wink Hollywood vir Barbie en sy maak haar eerste fliek nl. ‘Barbie in the Nutcracker’. ‘Dolls of the World - The Princess Collection’ sien dieselfde jaar die lig. Hierin is Barbie ‘n pragtige Prinses. Sy steek haar Hollywood voelers uit en raak ook beroemd in die Marilyn Monroe stel, Rhett Butler en Elvis tesame met ‘Pop Culture’, ‘Fantasy Dolls’ en ‘Enchanted Mermaid’. Die ‘Lord of the Rings’ stel, ‘Wonder Woman’, ‘SuperGirl’ en meer ‘Dolls of the World’ verskyn in 2004 op die winkelrakke. Barbie het ook hartseer al beleef en in 2004 skei sy en Ken (12 Februarie 2004 om presies te wees). Die paartjie se Besigheids Bestuurder het die afkondiging gemaak en gesê Barbie en Ken voel dit is tyd om so bietjie kwaliteit tyd weg van mekaar af te spandeer. Hy’t verder gesê “like other celebrity couples, their Hollywood romance has come to an end, but they will remain friends”. (Bron)
In 2005 publiseer ‘n ene Professor Agnes Nairn van die University of Bath in Engeland ‘n tesis waarin sy voorstel dat dogtertjies dikwels deur ‘n stadium gaan waarin hulle Barbie haat. In hierdie tyd doen hulle verskriklikke goed met arme Barb’s bv. onthoof haar, bak haar in die mikrogolfoond, ens. Professor Nairn reken “It’s as though disavowing Barbie is a rite of passage and a rejection of their past.” Mmmm…
Onse pop het ook ‘n paar keer ‘n draai in die siviele hof gaan maak en ongelukkig glad nie te goed gevaar nie. In 1997 vat sy die Deense popgroep Aqua hof toe vir hulle liedjie “Barbie Girl”. Barbie was ongelukkig oor die woorde “you can brush my hair/undress me everywhere”. Barb’s verloor ongelukkig die saak in 2002. Regter Alex Kozinski het bevind dat die liedjie ‘n parodie is en dat die liedjie dus beskerming geniet onder die Konstitusie (”First Amendment to the United States Constitution”). Daar was ook ‘n saak teen Nissan in 1997. Die saak het Mattel ook verloor. Barbie/Mattell verloor ook die sake: In 1999 teen kunstenaar Tom Forsythe vir ‘n reeks prente genaam “Food Chain Barbie” en in 2002 teen Susanne Pitt vir ‘Dungeon Barbie’. (Bron)
Barbie is seker die mees bekendste pop ooit en word deur baie mense as ‘n versamelstuk beskou. Versamelings sluit in ‘Millennium Wedding’, ‘Barbie 2000′ en ’Sydney 2000 Olympic Pin Collector’.
April 17, 2008 at 5:48 pm
Wonderlike inskrywing. Ek het al daardie liedjie vergeet! Ai ‘n Barbie met ‘n tattoe, ek sou nou daarvan gehou het toe ek klein was, net omdat dit anders was, maar my Barbie het uitgekom met ‘n balletrokkie (vervelig). Ek het nog my pop!
Speelgoed is deesdae soveel meer kreatief.
April 17, 2008 at 6:10 pm
Ek hou ook meer van die liedjie as van die poppie!
April 18, 2008 at 6:01 am
Ek moet eerlik wees, ek het 2 barbies gehad en het seker net 2 keer daarmee gespeel.
Roer, jou blog is baie interessant geskryf. Hulle kan jou maar google oor Barbie.
April 18, 2008 at 6:56 am
Ek moet eerlik wees en se ek haat daai liedjie! Ek het ‘n Barbie en ‘n Ken gehad, maar het verkies om met karretjies te speel. Veral toe my broer eers in die prentjie verskyn. Ek het maar so bietjie van ‘n tomboy groot geword
April 18, 2008 at 7:01 am
In die sewentigs, toe ek nog pop gespeel het saam met my sussie, het ons met “teenage” poppe gespeel. Weet nie of ons te arm was vir Barbie, of miskien was sy toe nog nie in SA nie. My mind was toe al crooked - ek het met ‘n speldjie gaatjies op strategiese plekkies op die poppe se boobs gemaak
Ek wonder of daar nog toiletpapierrolle bestaan, met ‘n teenagepop in, met so ‘n groot wye gehekelde rok.
Weet jy wanneer die eerste Barbie in SA te koop was?
April 18, 2008 at 7:35 am
lol@woordpes (Ek onthou daai toiletpapier-Barbie’s met die gehekelde rokke… )
Jong, lyk my 1963. “The success of the Barbie doll led Mattel to become a publicly owned company in 1960. In 1963, the Barbie doll and other products were test-marketed overseas. Results were so favorable that licensing agreements were arranged in England, France, Germany, SOUTH AFRICA, Italy and Mexico.” - volgens Character Products.
April 18, 2008 at 8:38 am
Ek onthou ook nog daai Toilet papier Barbies! Hierdie Barbie poppe is nou duur, maar ek het lanklaas ‘n versoek gekry vir ‘n Barbie pop.
Tannie Wipneus moet nou sulke lelike poppe koop. Mense hulle het die lelikste gesigte o ja! dis Bratz!
April 18, 2008 at 10:08 am
As daar nou iets sou wees wat ek nie weet nie- dan is dit die geskiedenis van Barbie…. maar dit was nou lig op die saak en nou weet ek meer
April 18, 2008 at 10:19 am
Ek onthou ook daai toiletpapier-poppe! My eerste verjaardagkoek (wat ouma gebak het) wat een van hulle!!!
April 18, 2008 at 10:40 am
Barbie is ‘los’…
April 18, 2008 at 11:00 am
hoeveel van die poppies is al vervaardig? (lees ek die syfers ‘mis’ hierbo?) moet miljoene wees…iewers gelees daar is al meer as $100 000 per pop betaal vir sekere ‘uitgawes’…
April 18, 2008 at 11:23 am
Roer, Poppie, dit was nou ‘n baie goeie inskrywing. Ek moet bieg ek pes die bleddie poppies met hulle wulpse lyfies, ferm boudjies en pikkante tieties! Nee aarde, dis om van iets oor te kom. Die meeste van ons lyk nie eers so in ons tienerjare nie… :Shock:
April 18, 2008 at 12:12 pm
Vir verdere Barbie inligting:
http://barbie.everythinggirl.com/
http://www.barbiecollector.com/
http://uk.barbie.com/
http://www.barbiegirls.com/homeMtl.html
http://www.barbiedressup.net/
http://www.mattel.com/our_toys/ot_barb.asp
April 18, 2008 at 12:26 pm
Baie insiggewend! Siende dat ek nooit ‘n Barbie gehad het nie, en ook nie ‘n dogtertjie vir wie ek ene kon koop nie. Wys jou nou net. Ek weet nie wat nie, maar dit wys jou!
April 18, 2008 at 12:38 pm
Delsch, ek ook nie (nooit een gehad nie en het nie ‘n dogtertjie om een voor te koop nie). Dis hoekom ek besluit het om iets girlie te doen vir my blog. Ek is omring deur mans en dit het wonderlike voordele, maar so nou en dan wil ek net weer terug na daai ‘inner girl’ en wat is meer girlie as BARBIE?!
Interessante ‘nuus’ wat ek raak gelees het en laat ek dit nou maar erken, ek HOU van Aqua en ek HOU van die liedjie Barbie Girl. So there! - “The group has announced the upcoming release of a compilation album featuring new material, and the four original members have confirmed Aqua will reunite for a tour in 2008. This was confirmed at a press event Friday on October 26, 2007.” Wooooohooooooooooooooo!!!!!!!!!!!!!!!!!
April 18, 2008 at 1:35 pm
Dellie en Roer
As julle nie wil dogtertjies maak nie, koop vir julle self die pop en speel skelm. Ek sal vir niemand vertel nie.
April 19, 2008 at 1:35 am
Ek het ‘n stuk of 20 Barbies in ‘n versameling!
almal verskillende Barbies!
April 19, 2008 at 8:47 am
ek is bevrees ek’s steeds in daai stadium waar ek barbie haat.
het julle geweet, as barbie ‘n regte mens was - met daai lang bene en groot boobies - sou haar rug gebreek het? ’s true.
April 19, 2008 at 9:36 am
[...] Roer se geskiedenisles re Barbie noop my om te reageer. [...]
April 20, 2008 at 3:23 pm
EK weet darm nie.
klink my julle girls het ‘n vervelige tydjie deurgegaan om groot te word
Wat van kaskarre, kleilat en foefie slide en ‘n pampoen met ‘n klein gaatjie om die bobbejane moerig te maak….
April 20, 2008 at 3:25 pm
Die enigste “ken” wat ek geken het was ‘n speletjie met die naam van “kennetjie” en as jy dit verkeerd gedoen het was dit baaaaie eina….
April 20, 2008 at 7:29 pm
Nikita, ‘n Baie goeie versameling.
Maeree, Ek het (soos baie vrouens) ‘n bietjie van ‘n swak selfbeeld, maar ek kan dit ongelukkig nie op Barbie blameer nie, want ek het nooit een gehad nie.
Meeste speelgoed is nie realisties gebou nie (met verwysing na Barb’s se boops). Ek dink bv. aan seuns se ‘Action Men’ of Mr. Incredible.
Jas, Ek kon multi-task. Pop speel EN kleilat, foefie slide en kaskar ry. Weet nie van daai pampoen speletjie nie…
April 21, 2008 at 8:52 am
http://biegblok.wordpress.com/
April 29, 2008 at 4:21 am
http://www.news24.com/News24/World/News/0,,2-10-1462_2313564,00.html