Die Rick Allen storie

Ons verskonings: Ek kan nie want (1) ek is te moeg; (2) ek het nie die talent nie; (3) ek is te dom; (4) ek het nie die tyd nie; (5) ek het nie die geld nie; (6) ek het ‘n krom neus en net een oog; ens.

Rick Allen se storie het vir my een boodskap. JY KAN. Maak nie saak wat nie. Daar is NIE ‘n verskoning NIE.

Volgens WIKI het Allen al op 5 begin ‘dromme’ speel in sy ma se kombuis. Om ‘n lang storie kort te maak, hy het sy ouers oortuig om vir hom ‘n dromstel te koop toe hy 10 jaar oud was en ook om hom te laat lesse neem. (Sy ouers het net die helfte van die ‘kit’ betaal). Later jare het hy saam met groepe soos Rampant en Johnny Kalendar gespeel. Op 15 jarige ouderdom het sy pa gereaggeer op ‘n advertensie namens Rick, wat geplaas was deur Def Leppard vir ‘n drommer om Frank Noon te vervang en op 28 November 1978 word Rick Allen aangestel as lid van Def Leppard. Daarna volg ‘n belowende loopbaan met DL, maar op 31 Desember 1984, oppad na ‘n partytjie is Rick Allen betrokke in ‘n motorongeluk wat sy lewe aangrypend sou verander. Hy was maar 21 jaar oud toe hy sy arm agv die ongelukkig ‘verloor’ het. (Dit was 3 en ‘n half weke na die operasie geamputeer agv infeksie). Hy het nie dat dit hom onder kry nie en het al in die hospitaal besluit hy sal homself leer om drom te speel met net die een arm. Die res is geskiedenis soos hulle sê, want hy het homself bewys en ten spyte van sy gebrek, ’n sukses van sy loopbaan gemaak.

Explore posts in the same categories: Inspirasie

4 Comments on “Die Rick Allen storie”

  1. Wipneus! Says:

    Sjoe hierdie klink regtig soos ‘n uitk@k, sal maar volgende keer my verskonings sluk. :(

    Ja hierdie Rick is ‘n voorbeeld vir ons almal! Wys jou wat kan gedoen word.

  2. Roer Says:

    Hi Wip. Ja, ek preek vir myself, want ek gee te maklik op. ;-)

  3. altandrea Says:

    hi roer,
    jy’s ‘n ster!
    dankie vir die link na damario, dit het baaaie gehelp!
    waardeer dit!
    ja, ons kan leer by sulke mense soos rick allen……..
    minder verskonings en meer net doen!
    antie koekie

  4. Adrie Says:

    Inspirasie vir die dag.