Ashoop vir bejaardes

 Wat weet ons van die mishandeling en verwaarlosing van ons bejaardes? Daar is al soveel vordering gemaak op die gebied van diere- en (miskien) kindermishandeling (ongelukkig in daai volgorde), maar ons (Suid Afrika) is nog groentjies op die gebied van bejaardesorg (lees -beskerming). Almal verdien tog om met respek hanteer te word. Om met waardigheid oud te word.

Volgens die American Psychological Association:

“Every year an estimated 2.1 million older Americans are victims of physical, psychological, or other forms of abuse and neglect. Those statistics may not tell the whole story. For every case of elder abuse and neglect that is reported to authorities, experts estimate that there may be as many as five cases that have not been reported. Recent research suggests that elders who have been abused tend to die earlier than those who are not abused, even in the absence of chronic conditions or life threatening disease.”

Volgens Suid Afrika:

“Elder abuse is a relatively new phenomenon, not only in South Africa but globally and is emerging as a growing social problem.”

Ek kan nie dink dat dit ‘n ‘nuwe’ fenomeen is nie, maar ek kan dit nie staaf met statistiek nie. Wat natuurlik my probleem is. Ons almal weet dit gebeur al lankal, maar waar is die hofsake, studies, ens daaroor. Ek dink die publiek sal meer bewus gemaak moet word hiervan. Hel, speel op hulle gevoel soos die TV advertensies dit goed doen wat dieremishandeling betref.

Bygesê, Suid Afrika doen darem nie absoluut niks hieroor nie. Daar is ‘n organisasie genaamd Age-In-Action. Besoek hulle gerus hier. Sommige regte van ‘n bejaarde volgens Age-In-Action is (1) Toegang tot geskikte kos, water, skuilplek (verblyf), klere en mediese behandeling deur hul inkomste, familie en gemeenskapsteun en self-help. (2) Hulle behoort die geleentheid te hê om te werk of om toegang te hê tot ander inkomste-genererende geleenthede. Gaan loer gerus na die res op Age-In-Action se webblad onder RIGHTS.

Dis so ontstellend om te hoor van mense wat hul bejaarde moeder / vader / familielid in ‘n ouetehuis laat sit en dan van hulle vergeet. Dis ook ‘n vorm van mishandeling en verwaarlosing. Hierdie ou mensies kwyn weg. Soms van verlange en eensaamheid en soms is al wat hulle oor het in die lewe brokkies herinneringe (as moeder natuur nie so wreed was om hulle dit ook te ontneem nie). Hopelik goeie herinneringe. Om hulle nou nog te mishandel… Ek kan my dit amper nie indink nie.

15 Junie is WORLD ELDER ABUSE AWARENESS DAY. Ek hou asem op. Kom ons sien wat kan ons doen.

~

When an old lady died in the geriatric ward of a small hospital near Dundee, Scotland, it was felt that she had nothing left of any value. Later, when the nurses were going through her meager possessions, they found this poem. Its quality and content so impressed the staff that copies were made and distributed to every nurse in the hospital. One nurse took her copy to Ireland. The old lady’s sole bequest to posterity has since appeared in the Christmas edition of the News Magazine of the North Ireland Association for Mental Health…And this little old Scottish lady, with nothing left to give to the world, is now the author of this “anonymous” poem winging across the Internet.”


An Old Lady’s Poem

What do you see, nurses, what do you see?
What are you thinking when you’re looking at me?
A crabby old woman, not very wise,
uncertain of habit, with faraway eyes?
Who dribbles her food and makes no reply,
when you say in a loud voice, “I do wish you’d try!”
Who seems not to notice the things that you do,
and forever is losing a stocking or shoe…..
Who, resisting or not, lets you do as you will,
with bathing and feeding, the long day to fill….
Is that what you’re thinking?
Is that what you see?
Then open your eyes, nurse; you’re not looking at me.
I’ll tell you who I am as I sit here so still,
as I do at your bidding, as I eat at your will.
I’m a small child of ten …with a father and mother,
brothers and sisters, who love one another.
A young girl of sixteen, with wings on her feet,
dreaming that soon now a lover she’ll meet.
A bride soon at twenty — my heart gives a leap,
remembering the vows that I promised to keep.
At twenty-five now, I have young of my own,
who need me to guide and a secure happy home.
A woman of thirty, my young now grown fast,
bound to each other with ties that should last.
At forty, my young sons have grown and are gone,
but my man’s beside me to see I don’t mourn.
At fifty once more, babies play round my knee,
again we know children, my loved one and me.
Dark days are upon me, my husband is dead;
I look at the future, I shudder with dread.
For my young are all rearing young of their own,
and I think of the years and the love that I’ve known.
I’m now an old woman …and nature is cruel;
‘Tis jest to make old age look like a fool.
The body, it crumbles, grace and vigour depart,
there is now a stone where I once had a heart.
But inside this old carcass a young girl still dwells,
and now and again my battered heart swells.
I remember the joys, I remember the pain,
and I’m loving and living life over again.
I think of the years ……all too few, gone too fast,
and accept the stark fact that nothing can last.
So open your eyes, people, open and see,
not a crabby old woman; look closer …see ME!!
 

Explore posts in the same categories: Algemeen, Griewe, Liewe

21 Comments on “Ashoop vir bejaardes”

  1. Roer Says:

    http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2302906,00.html

  2. Pikkelik Says:

    Dis so ontsettend hartseer. Ek weet daar is duisende eensame oumense, maar tussen weet en iets daaraan doen is ‘n hemelsbreë verskil. En weet jy, hierdie is actually een van daai dinge wat ons iets aan kan doen. Dit is in ons mag om ten minste een oumens se dag te maak! Damn jy laat my skuldig voel, maar dis goed, maak my maar so bietjie wakker! :wink:

  3. skoor Says:

    Dankie vir die skrywe. Ons deel dieselfde sentimente.

    Ek is ‘n oumense magnet. Ek het my eie oumas en oupas nie genoeg waardeer nie - die storm en drang jare van ‘n tiener het my gerob van deel van hul lewens wees tot die einde.

    Gelukkig gee die Here my weer ‘n kans om iets vir oumense te beteken. Ek het oumensies wat weekliks kom inloer by die werk vir ‘n koppie tee en ‘n lag. Dit is ‘n voorreg.

    Een van ons kliente, ook ‘n ‘aanneem ouma’ van my, vertrek oor 2 weke na haar Duitse ouetehuis. Sonder kind of kraai in die land. Op 83, met 1 swak oog oor, ry sy haar vodde Beetletjie elke dag, en kom sy in eg Duitse tradisie, nooit sonder koek kuier nie. Ons (ek) gaan dit mis. Fenominale vrou met ‘n helder verstand en ‘n vreeslike sin vir humor. Ek moet haar help trek na haar nuwe kamertjie in die Kaap.

    En dis haar laaste stop.

    Dis sad. Maar dit is maar een van baie sulke stories.

    Onder in die straat is ‘n aftree oord en ‘n tehuis vir verswakte bejaardes. Die nuwes stap gereeld hier verby. Op en af. Dag vir dag. En ek sien hoe hulle ouer raak, soms in ‘n rolstoel verbygestoot word deur ‘n verpleegster. En dan eendag sien ek hulle nie meer nie…

  4. bosveldbitch Says:

    dankie dat jy dit aangeroer het, dit is iets wat my ook altyd ontstel. Elkeen van ons kan n verskil maak…die ergste is dat so baie oumense boonop nog verarmd is en ook agv misdaad in vrees leef. Wens mense wil nie hul ouers so weggooi nie

  5. Adrie Says:

    Ek gaan eerlik wees, ek vermy ou mense waar ek kan. Dit beteken nie dat ek hulle wegwens nie en dit beteken ook nie dat ek sal toelaat dat hulle mishandel word nie.

    Daar oues wat op ‘n hopie gaan sit en wag vir die dood. Verbitterd en pateties. Ek vermy hulle. Dan is daar die wat ek dadelik vriende maak. Met ‘n lus vir die lewe en ‘n 1000 stories. Hulle is regtig dierbaar.

    Hoe siek moet jy wees om iemand aan te val, af te knou wat hulleself nie kan verdedig nie. Watter plesier kry jy daaruit? Ja, ou mense kan soos stout kinders wees, maar jy as groot mens moet weet hoe om dit te hanteer. Hoekom jou frustrasies op hulle uithaal.

    En hoekom iemand in ‘n outehuis sit en van hulle vergeet? Dit is vir my ondenkbaar.

    Skiet my nou: maar is dit altyd die kind wat ondankbaar is? Kan dit wees dat die ou mens hulle iets aangedoen het wat hulle nie kan vergewe? Pay back?

    Dalk is dit dan tyd om te vergewe. Die dood maak dit baie moeilik om onmin uit die weg te ruim.

  6. René Says:

    Hierdie onderwerp lê my baie na aan die hart! Ons is so behep met ons eie lewens en trek op teen mense wat honde se koppe afsaag en raak opstandig as kinders mishandel word…maar wat van die mense wat vergeet word! Die mense wat ons grootgemaak het en die fondasie gelê het vir die mense wat ons vandag is!

    Ek het ‘n oumatjie aangeneem - en ek is so lief vir haar soos ek my eie ouma gehad het - en weet julle wat beteken dit vir haar as ek net vir 5 minute inloer om gou te hoor hoe dit gaan! Die oë is ook al swak - so ek lees graag vir haar uit die Bybel en menigmaal het ek daar weggestap met ‘n traan in die oog en ‘n knop so groot soos ‘n sokkerbal in my keel! Hulle vra nie baie nie - net ‘n bietjie aandag en net ‘n bietjie liefde! Ons kan gerus bietjie meer vrygewig daarmee wees! Dit kos immers niks nie!

  7. Roer Says:

    Pik, Skoor en Bossie - ;-) Solank ons ‘n verskil kan maak. Al is dit net met EEN ou mensie. Ons moet almal probeer een ‘aanneem’ soos Skoor en Rene. Vat haar / hom een maal ‘n week vir inkopies of lees een maal ‘n week vir haar / hom ‘n boek of LUISTER net. Kanse is hulle het baie stories om te vertel en ons kan iets daaruit leer. (Al moet jy die storie 10 keer oor hoor). Ek weet nie. Wees maar net daar en wys vir hulle iemand gee NOG om.

    Adrie, ek hoor jou. Mag ek net noem dat ek verstaan van verwyte teenoor ‘n ouer. Ek het al voorheen daaroor op my blog ge’skryf’ (meer ontplof), maar dis geen verskoning nie en daar rus nog ‘n verantwoordelikheid op my.

    Met die jare kom daar ook ‘n mate van wysheid, veral as jy kinders het en jy besef dat jy regtig twee keer moet dink voor jy jou ouers oordeel en verwyt, want om ‘n ouer te wees is moeilik en niemand is perfek nie. Besides “An eye for eye only ends up making the whole world blind.” Ghandi

    Ek praat nie van kinders wat bv mishandel is deur hulle ouers of seksueel gemollesteer is nie. Elke saak het sy eie meriete. Dis ‘n ander storie.

    Wat die regte van ‘n ouer betref… Google bietjie die regte van ‘n kind en jy sal heel dag lees, maar daar is minimaal regte vir ‘n ouer lyk dit vir my. Al wat ek kon kry (en help my reg as iemand meer weet) is “The law also says adult children must support their parents if the parents need support, and if the children can afford to support them.” http://www.paralegaladvice.org.za/docs/chap07/06.html Die ‘loophole’ in daai sinnetjie vir ‘n potensieele siviele saak is seker “if the children can afford it”.

    Wat staan ‘weggegooide’ ou mense dan te doen?

    Inelkgeval, hier’s ‘n mooi quote vir julle. “Resolve to be tender with the young, compassionate with the aged, sympathetic with the striving, and tolerant with the weak and the wrong. Sometime in your life you will have been all of these.” Robbert Goddard

  8. Roer Says:

    oops! EN Rene. :D

  9. platkuif Says:

    goeie post.ons almal gaan eendag oud word… ;-)

  10. Roer Says:

    Ai Kuifie. Is dit nie JUIS jy wat gesê het jy soen nie ou mense nie. Sies vir jou. Gun hulle ook ‘n plesiertjie. Ek verstaan jy’s dan so soenbaar. (Marie het my gesê) ;-)

  11. Bottertjie Says:

    Ek sal dit nooit aan my ouers doen deur hul in ‘n tehuis te sit nie! Ek sal beg, borrow and steal om hul by my te laat bly. Ek sal hul doeke omruil, soos toe ek ‘n babatjie was, ek sal hul hare kam, soos toe ek klein was, ek sal hul bad, ek sal hul voer, want hul het dit vir my gedoen toe ek klein was en nie geweet het hoe nie. Hulle is my ouers, my verantwoordelikheid, niemand anders s’n nie. Hulle is my ouers en ek is lief vir hulle…

  12. Dellie Says:

    Ek het vir omtrent 3 jaar ‘n student gehad. ‘n Afgetrede tandarts wat ook ‘n vlieënier was in die Tweede Wêreld oorlog. Hy was 82 toe hy wou leer hoe om e-mail te stuur aan sy kinders en familie wat wyd oor die wêreld verspreid is. Toe het hy nog in sy eie huis gebly, en self bestuur. Baie rondgery, want hy het ‘n passie vir gholfspeel gehad. Maar hy was vreeslik vergeetagtig. Hy het 3 keer ‘n week vir ‘n uur klas gehad, en dan moes ons elke keer weer basies van voor af begin. Eenvoudige goed soos save en print, kon hy net nie onthou nie. Soms het hy Vrydag sy klas vir Maandag gekanselleer, en dan tog Maandag opgedaag. Eenkeer selfs op ‘n Sondag, hy het gedink dis Maandag! :lol:

    Ek kon dit nie oor my hart kry om vir hom geld te vra nie. AS hy onthou het, het hy my R100 ‘n maand betaal. “Buy something nice for yourself”, was gewoonlik sy opdrag. Sy “kuiertjies” by my 3 keer ‘n week, het hom aan die gang gehou. So een keer ‘n maand het ons op ‘n Saterdag ‘n web-cam sessie gereël met sy seun en die se gesin in Canada. Ek wens jy kon sy gesig sien die eerste keer toe hy hulle lewendig voor hom op die rekenaarskerm sien! Hy kon nie ‘n woord uitkry nie, net gestaar na die skerm. Ek kon nie help om te huil nie. Op sulke dae het ons dan sommer bietjie gekoek en tee saam met hom. Of hom vir ete genooi. Hy het gevrek oor ‘n koue bier! :smile:

    Maar toe begin hy agteruit gaan. Maak ongelukke met sy kar. Vergeet die strykyster aan. Vergeet om die deur te sluit as hy uitgaan. Word beroof. En sy familie was almal ver weg, niemand kon na hom omsien nie. Hy wou ook nie ‘n las vir hulle wees nie.

    ‘n Jaar gelede het hy toe ‘n plekkie gekry in Oos Londen in ‘n aftree oord met mediese dienste ook beskikbaar. Dit was moeilik vir hom om te gaan, want al sy vriende was hier. Ek het gereeld gebel om te hoor hoe dit gaan. Hy spot dat hy nou maar gholf opgegee het en saam met die “ou mense” bowls speel! Maar hy mis sy vriende.

    Hy het my ‘n week gelede weer gebel, en elke keer is hy so verras as ek sy stem herken! Asof ek hom nou ooit sal kan vergeet.

    Ag skuus hoor, daar vat ek nou amper jou blog oor! Maar ja, ons almal kan maar ‘n ou mensie aanneem en bietjie bederf.

  13. Adrie Says:

    Noem my harteloos en ‘n suurstofdief - maar ek sien wragtig nie kans om iemand se doek om te ruil nie. Ek gaan swaar gestraf word, maar ek gaan nie lieg nie. Daar is mense wat wonderlik met versorging is, maar dit is nie ek nie.

    Ek het op ‘n stadium by ‘n tannie geloseer, sy is ‘n pragtige mens. Ons het baie saam drooggemaak. Sy was eendag woedend vir my.

    Haal elektrisiteit rekening het nie geklop nie. Sy wou kla by almal behalwe die regte mense. My geduld is maar mikropies klein. Ek bondel haar daar in die kar en sleep haar na die regte mens. Die tannie het nie ‘n woord ingekry nie, ek het namens haar gepraat en ek vat nie k@k van kabouters nie.

    Haar rekening was uitgesorteer en hulle het nie weer sulke foutjies begaan nie. Soos reeds genoem was sy nogal vies omdat ek die idiote soos idiote behandel het. 2 weke later was sy kwaad vir die bank, en het my toe vinnig kom haal.

  14. johannes coetzee Says:

    Sjoe dis tragies…

    Maar ek verkies dan maar liewer dit wat vir Dawid gewerk het…

    (1Konings1:1) Toe koning Dawid oud en ver op sy dae was, het hulle hom met komberse toegemaak, maar hy kon nie warm word nie.

    (1Konings1:2) En sy dienaars sê aan hom: Laat hulle vir my heer die koning ‘n jongmeisie soek, dat sy voor die koning kan staan en vir hom ‘n verpleegster wees en in u skoot lê; dan sal my heer die koning warm word.

    (1Konings 1:3) Hulle het toe in die hele grondgebied van Israel ‘n mooi meisie gesoek en Abísag, die Sunamitiese, gevind en haar by die koning gebring.

    (1Konings1:4) En die meisie was besonder mooi, en sy was vir die koning ‘n verpleegster en het hom bedien; maar die koning het geen gemeenskap met haar gehad nie.

  15. Wipneus! Says:

    Roer, hierdie ding lê my baie na aan die hart, dis regtig ‘n groot probleem, mense weet nie van hierdie probleem nie, want die oumense is weggesteek in die ouetehuise of inrigtings. Daardie ogies is so vol seer en verlange, dit breek my hart! Maar jy kan hoogstens 10 oumense se lewens aanraak en “probeer” gelukkiger maak, maar wat van die res? Hulle word deur hulle kinders op ‘n plekkie afgegooi en vergeet…… My vraag: Dink jy nooit aan hulle nie? Het jy ‘n hart? Hoe vergeet mens ooit jou ouers?

  16. rosalindfranklin Says:

    Roer baie bly jy herinner ons weer hieraan.
    So bejaarde het saam met Liefde gewerk, sy moes aanhou werk tot sy 80 is, omdat sy nie anders kon nie. Verlede jaar het Liefie vir haar ‘n mikrogolf gekoop.
    ‘n Eenvoudig ding wat mens kan doen is om elke maand jou tydskrifte na die naaste tehuis te neem, en boeke wat jy nie meer lees nie. Baie ouer mense se sig is nog goed genoeg om te lees en dit maak ‘n groot verskil.

  17. boendoe Says:

    Vir oumense het ek ‘n baie sagte plek. Dankie, Roer, dit was ‘n goeie possie.

  18. Salomè Says:

    Roer
    Adrie het gesê ek moet kom loer, en dit is ‘n saak na aan my hart. Ek het eerstehandse ondervinding van verwaarloosde bejaardes.
    Ons gemeente se sustersvereniging is ‘n voogtak vir die Van Rensburg tehuis in Pretoria-Wes. (en dit is maar net een van baie sulke tehuise) Hierdie plekke kry nie meer hulp van die staat nie en as daar hulp is, is dit die absolute minimum.
    Daar bly werklik bejaardes wat daar “gedump” word. Matrone het vertel dat van die bejaardes se kinders hul daar kom aflaai en die dag wanneer hul sterf, moet sy vir hul ‘n Staatsbegrafnis rëel, want daar is niemand wat beskikbaar of bereikbaar is om die bejaarde se liggaam op te eis nie. Ons het nou al op verskeie geleenthede daar gaan “kuier” met geskenkies of eetgoed en glo my daar is nie iemand meer dankbaar oor ‘n paaseier as daardie arme mense nie. En as jy met hul sit en gesels sal jy nooit hoor dat hul kla nie. Hul is so “dankbaar en tevrede dat hul bly waar hul is” en dat “die mense so mooi na hul kyk”.
    Ek kan bladsye vol hieroor skryf en ek weet baie mense sê “dink aan die kinders hulle is ons toekoms” maar onthou bietjie; hierdie oumense is ons herkoms, ons wortels, ons begin, ons rigting en baie van ons kennis. Sonder hulle sou ons nie hier gewees het nie. Ek glo hulle verdien baie meer van die lewe as wat daar aan hulle uitgedeel word.

  19. Roer Says:

    Salome, dankie vir die inloer. Jy het my nou op die punt van ‘n ineenstorting. Ek kan nie sulke goed hanteer nie! ASB, asb, asb kan jy vir ons die detail van hierdie spesifieke tehuis plaas. Al is dit net ‘n telefoon nommer. Ek sal dit baie waardeer.

    Genoeg is genoeg! ‘Charity begins at home’ mense.

  20. Salomè Says:

    Van Rensburg tehuis, Posbus 19250, Pretoria Wes, 0117
    Matrone: Van Tonder Tel: 012 386 5729
    Voorsitter Huisbestuur Annetjie van Wyk Tel: 012 565 5522
    Bank besonderhede:
    Van Rensburg Tehuis, FNB, No. 514 200 84265

    Dis alles wat ek het. Ons maak hierdie jaar geld bymekaar om vir die bejaardes nuwe onderklere te koop. Hulle maak ook voortdurend geld bymekaar vir die “Borgrekening”. Hiermee help hul bejaardes wat regtig nie die kostes kan bybring sodat hulle darem ‘n dak oor hulle kop het.

  21. Roer Says:

    http://doringsensomsrose.wordpress.com/2008/06/21/pensioen-nadele/#comments

Comment: