Pornografie

Daar is ‘n rede hoekom daar sites en groepe soos http://www.no-porn.com/ is. Mense (mans en vrouens) raak verslaaf daaraan en dit begin onder andere by goed vermomde tydskrifte, flieks, musiek videos, kuns, TV programme en deesdae selfs blogs. Net omdat die samelewing dit goedkeur, maak dit dit nie reg nie. Verseker nie vir Kruidjie Roer nie.

Onlangs kom ek op ‘n blogsite af met ’soft porn’. Die blogger regverdig homself o.a. so “It is even unfair. Most beautiful women use a lot of time and energy to appear their best, and it seems rather illogical to suggest that they do all this work so nobody shall look. It seems to me that to ignore it or to pretend one does not notice, is simply mean or silly.” Hoe edel van hom… Dis ‘n swak verskoning vir wellus. Niks meer, niks minder.

My persoonlike renons in pornografie is die bydrae wat dit lewer aan kindermolestering (pedofiele), verkragting en seks moorde (m.a.w. seksuele misdrywe). Jy hoef net ‘n dag in die seksuele misdrywe hof te spandeer om hiervan oortuig te wees. Ek gee toe, mense het seksuele begeertes. Dis biologies en dis vir my mooi mits met jou huweliksmaat. Pornografie skep ongelukkig ‘n fantasie we^reld wat dikwels verwagtinge in die slaapkamer skep en dikwels onrealistiese verwagtinge. Die realiteit my liewe mens (nie die fantasie we^reld nie), is jou vrou / jou man / jou ouers en veral jou ma / jou dogter / jou seuns. Nie masterberende seksslawe nie. Waar is jou respek vir hulle?

Elke keer as jy welliswetend so vorm van media ondersteun, dra jy by tot ‘n moreellose we^reld wat dalk nie geskep is deur pornografie nie (want seksuele sondes kom al vir 100de jare voor), maar wat wel deur pornografie aangevuur word.

Meeste (ek is amper seker alle) seuns word met pornografie gekonfronteer al op skool. Ek blameer nie seuns of mans per se nie. Ek weet puberteit kan maar ‘n moeilik tyd wees vir seuns waar hulle hulself dikwels in ‘n verleentheid bevind (veral in ‘n koshuis). My punt is die mens is geprogrameer om te reageer op sulke tipe foto’s (en videos) en vir seuns hou dit nog ‘n groter ‘bekoring’ in, want dis waar hulle onder sosiale ‘druk’ hul seks opleiding kry. Dis waar ons ouers in kom en veral pa’s moet met hul seuns hieroor praat in liefde. 

In Kaapstad kan jy vir ‘n pub lunch by ‘n bekende ‘gentleman’s club’ gaan en vir nagereg sommer ‘n ‘lap dance’ deur werk (pun not intended). Ons samelewing siek. Elke keer as jy daai radio berig hoor oor ‘n kind of vrou wat nou weer verkrag is, vra jouself af, wat was my aandeel hierin. Hard? Ja. Die oorlog teen immoraliteit is nie vir sussies nie. Veral nie as jy besef dat die vyand se troepe uit ‘n legio bestaan.

Ek weier om boedel oor te gee en saam met die stroom te swem ter wille van sosiale ‘aansien’. Nie in die blogosfeer nie en nie daar buite nie. Ek weier om ter wille van ‘coolness’ ‘n goeie woordjie op ‘n soft porn blog te gaan maak. Ons moet praat vir die wat nie kan praat nie.

Explore posts in the same categories: Griewe

16 Comments on “Pornografie”

  1. boendoe Says:

    Roer, ek is besig om ‘n groot fan te word. Jy verwoord die belangrike goed so mooi. Ek gee nou maar net my stamp of approval!

  2. pierrevanzyl Says:

    Roer,
    Ek stem volkome met jou saam. You go girl !!!!

  3. Eben Says:

    Ek stem saam jou. Ek het nie nodig om na sulke snert te kyk nie. As ek wil, glo my dis selde, dan loop ek kaalgat uit die badkamer en kyk vir myself voor die spieël!! DIS NAG !!! So … nee dankie dan is ek maar nie een van die manne nie!!

  4. MATZI EN ELIZE Says:

    Eben dis klassiek gestel; Roer jy`s reg, daar het seer sekerlik nooit iets goed gebeur van enige porn whatsoever!

  5. Johan Swarts Says:

    En natuurlik verskil ek van julle ;)

    Kyk. Dis uiters duidelik dat jy ‘n vrou is, Kruidjie Roer. (Let nou mooi op - ek is ‘n feminis, en steeds maak ek hierdie kommentaar.) Die manier waarop jy oor manlike masturbasie en fantasieë skryf, verklap dat jy duidelik nie besef hoe mans (die helfte van ons spesie met die vinniger oorsteek van die plesierdrumpel) se breine in hierdie opsig funksioneer nie.

    Gaan vra gerus jou man.

    Maar om hemelsnaam, pornografie die oorsaak van verkragtings? Kindermolestering?

    Eish.

    Waar is jou navorsing?

    Die oorgrote meerderheid van Suid-Afrika se verkragters is arm. (Statistieke sal dit kan bewys.) Hulle kan nie pornografie bekostig om mee te begin nie. Dan: kyk gerus ‘n bietjie pornografie. Jy sal sien dat hoofstroompornografie (en veral die sogenaamde “softporn” waarna jy verwys) seksuele gedrag tussen volwassenes uitbeeld. Albeit formulies. Ek dink jy mis bietjie die punt - gaan ondervra gerus ‘n molesteerder oor sy of haar eie kinderjare, dan praat ons weer. Ek verskil sterk - die bestaan van pornografie is ‘n swak en lafaartige verskoning vir kindermishandeling.

    Jy’s wel reg as jy meen mense is geprogrammeer om te reageer op die seksuele. Jou en my en almal wat hierdie woorde lees het hulle bestaan te danke daaraan. Dis ‘n natuurlik drang wat die samelewing getemper het.

    Al die “seksuele sondes” waarvan jy praat, was teenwoordig op hierdie planeet lank voor daar genoegsame media was vir die ontstaan en verspreiding van pornografie. Ek reken jou argument is effens gebreek.

    Ek dink jy skuld ‘n sekere blogger ‘n verskoning ;)

  6. boendoe Says:

    Hmm. En die mees gewetenlose pedofiele is die outjies wat geld en tegnologie het om te doen wat hulle wil. Die werklose , arm massa is nie die groot gevaar nie.

  7. Johan Swarts Says:

    Dalk. Maar dit bewys nog lank nie dis pornografie se skuld nie.

  8. boerinballingskap Says:

    Roer, ek stem in wese saam met jou redenasie. Ek glo nie mens kan pornografie as die oorsaak sien van seksuele misdade nie, maar dat dit wyl ‘n bydraende faktor kan wees, betwyfel ek nie.

    Johan, met respek gese, ek dink jou siening dat pornografie GEEN rol speel in seksuele misdrywe nie, is effe naief (en verklap ewe veel oningeligtheid as die persoon wat beweer dat pornografie die ENIGSTE oorsaak van seksuele misdade is)

    Kortweg kan ek nie dink dat enigiets positiefs kan vloei uit pornografie nie. Gaan vra gerus vir porno-verslaafdes watter positiewe invloed dit op hulle wereld het?

    Dis ‘n baie afbrekende bedryf wat vrouens as dierlike seks-objekte uitbeeld en (soos jy tereg uitwys, Roer) ‘n onbereikbare, skewe fantasie-wereld skep.

    Seksualiteit is deel van ons menswees, maar dis die crux: “deel” van ons menswees. ‘n Mens is tog BAIE meer as ‘n “self-supporting f**k-machine” (hoewel baie dit sekerlik so wil he)! Sodra jy een deel van jou menswees verhef tot ‘n absolute, verloor jy fokus.

    Ekself is ‘n uiters erotiese wese met genoeg fantasiee en kreatiwiteit om etlike hygromans te vul. Dis hoe die mens (veral mans) aanmekaar gesit is. Ek is ook baie lief vir wyn, whisky en tequila. Maar ook drank het sy tyd en plek. Die lewe gaan oor baie meer as om elke dag jouself dronk te drink. My liefde vir drank is immers slegs een deel van my menswees.

  9. boendoe Says:

    BiB, goed gestel. Hygromans, se jy?!

  10. Roer Says:

    BiB, ek stem, maar onthou ek het nooit gese^ pornografie is die ENIGSTE rede vir seksuele misdrywe nie. Dit sal tereg naief wees.

    Johan, ou grapgat. Verskoning vra? Vir wat? Jou ek-lief-die-vroulike-liggaam-verskoning-vir-pornografie maatjie se naam was nooit genoem in my post nie. Nog minder sy blog adres. You crack me up!

    Wat my ‘navorsing’ betref. Hierdie blog is vol van my OPINIES. Dis nie ‘n artikel waarvoor ek navorsing moes doen nie. Nog minder ‘n tesis. Wat jou kranige kennis betref…buiten pornografie kyk en draad trek, waar kry jy jou sogenaamde kennis? My man se veld is kriminele litigasie. Toe jy jou eerste wet dream gehad het, toe werk hy al aan sake soos die bogenoemde. Ek persoonlik moes al gereeld vir hom sake opsom en die een wat die lankste by my sal bly was van ‘n eens dierbare WIT Oupatjie wat oornag in ‘n pedofiel ontaard het (met sy EIE kleindogter) danksy pornografie. Enough said.

    Wat die feit betref dat alle seksuele sondes lank voor media bestaan het. Probeer om nie te selektief te lees nie. Ek het die volgende gese^ “dra jy by tot ‘n moreellose we^reld wat dalk nie geskep is deur pornografie nie (want seksuele sondes kom al vir 100de jare voor), maar wat wel deur pornografie aangevuur word” dus het jy herhaal wat ek reeds gese^ het.

  11. boendoe Says:

    Roer, maar daar IS baie navorsing oor pornografie gedoen! En dit IS bewys dat pornografie seksuele misdrywe aanvuur. (weereens, dis nie die enigste sondebok nie)

  12. MATZI Says:

    Daar`s dit nou Johan; jy wou mos!
    BiB bloomin goed gestel!

  13. oopkop Says:

    Ek love dit om op die ’sideline’ te sit en mense se opinies te lees. Ek stem saam dat pornografie ‘n bydraende faktor kan wees vir seksuele misdade. Verkragting gaan egter nie eintlik oor seks nie maar oor mag, oor “power”. (Ek voel ‘n blog post wat geskryf wil word).

    Roer, Jy, Johan en BiB maak almal geldige opmerkings. Ek lees die blog waarna jy verwys en ek dink nie daardie persoon se bedoeling is enigsins om vrouens as seks-objekte uit te beeld nie. Ek lees daardie blog maar met so tong-innie-kies houding.

    Mense is seksuele wesens, dit is hoe dit is en nog altyd was. Ek moet sê, in daardie persoon se verdediging, die vrouens in die foto’s wat hy geplaas het lyk nie juis vir my asof hulle enigsins seks wil verkoop nie. Daar’s baie meer foto’s van vrouens MET klere aan wat drup van die suggestie wat op die internet en in omtrent elke tydskrif is as wat op daardie site is.

    Ek koes maar solank. :P

  14. Johan Swarts Says:

    Roer - Dis seker nie nodig om in iemand se karakter te klim as jy nie saamstem nie? Ek wil graag weet hoeveel van die kere in my lewe wat ek hand aan eie as geslaan het, jy my afgeloer het om die draadtrek opmerkingkie te maak? Ek wil ook graag weet wat om vir my meisie te sê as ek haar weer sien (jy laat dit immers klink asof ek een van BiB se “self-supporting f**k-machines” is. As dit waar is, moet ek haar seker nou los?)

    Let op die knipoog emoticons in my oorspronklike comment. Sommer twee van hulle. My tong is in my kies. Met respek gesê - ek dink jy oorreageer.

    Ewenwel.

    Miskien het my repliek ‘n bietjie eng voorgekom. Om verskoning as ek soos ‘n parmantige klein twat geklink het - dis nie die bedoeling nie. Sien my kommentaar eerder as ‘n soort teenpool vir joune; dalk kan ons ‘n gematigde slotsom tussen die twee vind.

    BiB - nêrens het ek gesê pornografie is glad nie ‘n faktor in seksuele misdrywe nie. My reaksie was teen Roer wat juis die teenoorgestelde gemeen het (en dit later ontken het in ‘n comment.)

    Jy verwoord egter goed hoe ek voel oor die saak. Ek skaar myself by jou en oopkop.

    Matzi - Wat wou ek nogal doen?

  15. Roer Says:

    Johan, dis my goeie reg as vrou om te oorreageer so ‘let’s kiss and make up’. Ek respekteer nog altyd jou comments (al stem ek met min saam). Verskoning aanvaar van my kant af. :-) Moving along…

  16. Platkuif Says:

    respek vir vroue is vir my ononderhandelbaar…MAAR, as dit net volwassenes is wat betrokke is en niemand is besig om iemand te belieg en bedrieg nie en almal het betrokke geraak uit vrye wil…dan is dit dalk ok…of okerig…

    onthou, ek is ongetroud,was nog nooit getroud nie…hou van vrou in al hulle fantastiese figure en vorms…so ek moet Recce, ek moet rondkyk…dit is my werk en plig om te verken en te beloer na wat daarbuite is…my omstandighede is uniek :-)