E.T. kom vir ete…
Laas week ontmoet ek iemand wat glo in ruimte wesens en vreemde vlieende voorwerpe. Nou as die laaste maand enige iets vir Kruidjie Roer geleer het, is dit hou jou opinie vir jou blog. Ten minste hier as iemand kom kuier en nie saam stem nie, kan hulle kommentaar lewer, ‘loop’ of gaan moan op hul eie blog. INELKGEVAL… ek het toe maar net vir die ou gese^ “hey, whatever flies your saucer” (waarna ek ‘n skop onder die tafel gekry het van ‘n ‘dierbare’ vriendin en ek haar weer ‘n “what I say?!” kyk gegee het. Shees!)
Noem my mal maar ek het nog nooit vir een oomblik van my ganse lewe gedink daar is iewers in die buitenste ruim vreemde wesens nie (’vreemde’ is so relatief, wie is nou eintlik vreemd), maar se^ nou maar net daar IS ander wesens, HOEKOM sal ons iets wat potensieel fataal vir ons voorbestaan is, wil ontdek? Wie se^ E.T. gaan vriendelik wees? Wie se^ E.T. gaan nie ‘n voorliefde vir eksotiese geregte he^ nie?
Die uit stuur van radio seine met die hoop dat dit opgetel sal word deur ander wesens, is volgens my ‘n baie gevaarlike speletjie. Die veronderstelling dat E.T. goedgesind gaan wees, is bespotlik (sonder om snaaks te wees). Dis ‘n dobbelspel wat lelik skeef kan loop en dis nie net die individu se risiko’s wat opgeweeg moet word nie, maar nou ja, dis seker te laat. Ons het onsself reeds blootgestel met o.a. die radio seine / boodskappe (sonder om MY eers te raadpleeg! ;-) ).
Miskien het ek te veel “Men in Black” en “War of the Worlds” flieks gesien, maar die idee van ‘kontak maak’ staan my geensins aan nie. George Wald, ‘n Amerikaanse bioloog en Nobel Prys wenner het gese^ “I can think of no nightmare so terrifying as establishing communication with a superior technology in outer space.” Hoor, hoor broer. Iewers gaan iemand vir iemand wil domineer (dink ek).
Aan die ander kant, dalk WIL E.T. NIE kontak maak met ons NIE. (Dalk het hy IdentiCall). Dalk hou hy nie van wat hy sien nie. Dalk het hy al kontak gemaak maar die (Amerikaanse) regering hou dit geheim van ons. Ek glo nie die sameswerings teoriee nie (o.a. Rosswell) maar kom ons wees nou regverdig en vra ten minste die vrae. Terloops, dis darem ook regtig snaaks dat E.T. meeste van die tyd Amerika kies vir sy mannewales. Inelkgeval, die ander probleem is die ouderdom van die syne / boodskappe wat deur gaan of in gaan kom.
Nee wat, so ver het geen sogenaamde ’sightings’ my opgewonde gemaak nie en verseker geen sogenaamde bewyse nie (die wat wel aan ons beskikbaar gestel is). Ek stem dat wat KAN interessant wees, is om planete te vind wat leefbaar sal wees vir die mens, maar ek is baie skepties daaroor en wonder partykeer of dit nie maar ‘n groot mors van geld is om na so iets te soek nie. Mense het seker maar ‘n behoefte om in IETS te glo en sommige het seker nou maar hul hoop op ander ruimte wesens geplaas, maar ek is heel tevrede op my rots en is maar versigtig vir wie ek vir ete nooi.

August 19, 2007 at 9:04 pm
Ja, Roer! Ek kan maar net vir jou giggel! Ek kan nie dink dat ons die enigste lewende wesens in die groot heelal is nie, maar wie ookal daar buite is, wil ek ook nie graag vir ete nooi nie!
August 20, 2007 at 5:25 am
Ek stem nogal saam met Boendoe, daar is soveel miljoen sterre, baie van hulle ook met planete, dus die kans is daar dat iewers anders ook lewe is, maar dit mag heeltemaal verskil van lewe op aarde.
As dit wel die geval is, en hulle wil graag kom kuier, sit hulle met dieselfde probleem as ons: Ons is duisende of miljoene ligjare van mekaar af en niks kan vinniger as die spoed van lig beweeg nie. Tensy as hulle nie die beperking van leeftye het nie, of die spoed-van-lig-beginsel verkeerd bewys.
Maar as hulle vir Intelligente lewe hier kom soek, het ek slegte nuus vir hulle.
August 20, 2007 at 5:38 am
LOL Roer, jy is een uit ‘n duisend!!
August 20, 2007 at 7:02 am
Hi Roer
Sorry maar dit is hier wat ek terugval op my idee dat die Bybel FEITLIK korrek is. Sou daar VVV’e en “aliens” gewees het, sal dit mos in my Bybel staan. Volgens my Bybel het God NET die mens geskape. (en natuurlik ander hemelwesens)
Nou ‘n mens kan sê daar is miljoene sterre, feite, dink net God het dit vir ONS geskape, om as lig te dien in die nag. Nou dit laat ‘n ou special voel !
As jy vertroud is met die werke van Rebecca Brown sal jy sien sy het ook VVV behandel. Sy gee gevalle studies hiervan. Haar gevolgtrekking is egter dat dit demoniese aktiwiteit is, en sy lewer nogals konkrete bewyse hiervoor.
So nee wat, ek voel eerder ge-eerd dat God in Sy goedheid en alwetendheid soveel dinge NET VIR ONS geskape het.
August 20, 2007 at 7:48 am
By the way Roer, gaan lees ‘n bietjie die “Silver Report” op my site. Ek koop nou al vir ‘n wyle fisiese goud aan asook mynbou goudaandele, lyk my ek was so effe in die kol, alhoewel ek baie ander redes ook het waarom ek dit doen.
Groetnis
August 20, 2007 at 12:50 pm
Roer, jammer dat ek nou nie intelligent gaan kommentaar lewer op jou “intelligente lewe daarbuite”-inskrywing nie. Iets heeltemal anders het my geroer (by wyse van spreke…): Die Flickr-foto heel onder is stunning en ek hou van die denke daaragter.
August 20, 2007 at 2:44 pm
B.I.B., jy’s reg. Baie mooi foto en ‘n ou moet maar doen wat hy kan as hy warm kry…
August 20, 2007 at 4:30 pm
Wil net sê, ek’s mal oor hierdie blog. Baie mense met baie verskillende sieninge…
Hoop dit bly net so interessant soos tot nou toe.
My klip in die bos: Aangesien daar derduisende ander sterrestelsels is, elkeen met miljoene sterre, elkeen met sy eie paar planete, bestaan daar ‘n moontlikheid vir lewe op ‘n ander planeet/planete. Maar of daar ander lewe is of nie, bly die waarskynlikheid verskriklik klein dat ons ooit daarvan sal weet, omdat die afstande net te ontsaglik groot is.
August 21, 2007 at 12:54 am
so presies hoe verskil iemand se oortuiging dat aliens bestaan van jou oortuiging dat God bestaan?
August 21, 2007 at 6:42 am
Ja Roer jy mag maar!
As ek so na die Flikr Foto kyk, die “arms” een, hoop ek nie as ET kom “kuier” dit is wat hy in gedagte het vir ete nie!
August 21, 2007 at 7:41 am
Sal nie weet waar om te begin nie Johan. Seker maar by bewyse. Lees gerus “The New Evidence Demands a Verdict” deur Josh McDowell.
August 21, 2007 at 9:25 am
Hi Johan
Dit is eindelik baie maklik. My naam is Pierre van Zyl. Baie mense ken my as Pierre van Zyl. Maar jy sal nooit verseker weet ek is Pierre van Zyl alvorens jy my nie PERSOONLIK ontmoet het nie, miskien gebruik ek ‘n vals naam
Maar as jy nou op my link click word jy gedivert na ‘n webtuiste wat half en half bevestig dat ek Pierre van Zyl is. ( net soos die Bybel, natuur ens.) Bevsetig dat God bestaan. Maar jy sien, jy sal NOOIT weet of ek regtig Pierre van Zyl is, voordat jy my ontmoet het nie. Jy sal my ook nooit ontmoet, voor ons nie ‘n plan gemaak het, en werk gemaak het daarvan om mekaar te ontmoet nie.
Tot dan bly alles hier, maar net dit, sur-realisme in die kuber ruimte.
Indien jy vir God ontmoet, ken jy Hom. Maar tot dan bly die woorde in die Bybel, ook maar net dit. Woorde.
Die dag wanneer jy Hom ontmoet word dit in die Bybel die Woord.
Daar is ‘n catch, jy moet bereidwillig wees en so ook God, “want die Gees waai waar Hy wil”
MAAR as jy Hom soek sal jy Hom vind, en dan is jy een van die bevoorregtes wat Hom ken.
Dan word sur-realisme, ‘n realiteit.
Omrede God ons geskape het, en dit duidelik uit Sy woord spreek dat net ons hier is, glo ek dit, want ek ken God die Vader persoonlik
Groetnis
Pierre
August 21, 2007 at 9:50 am
Ek dink ek sal glo daar is nog lewe daar buite as ET die deurklokkie lui en daar staan in lewende lywe met ‘n bottel TAKIELA!
August 21, 2007 at 10:12 am
goed gestel Van Zyl…
August 21, 2007 at 12:14 pm
pierre van zyl: jou hele relaas kan netsowel van toepassing wees op aliens, nie waar nie?
August 21, 2007 at 1:25 pm
Dit is nou bygesê as jy ‘n alien ken waarmee jy ‘n gesprek kan voer ? Jy sien ek sê moes, ek ken vir God, en ek is ingesprek met Hom en Hy met my.
Moeilik vir ‘n ou om te verstaan wat dit nog nooit belewe het nie. Die verskil is God bestaan aliens nie
August 21, 2007 at 8:54 pm
ekskuus my, ek en God praat gereeld. mooi nooit ‘n duiwelsadvokaat op sy baadjie takseer nie.
ek ken verskeie aliens. hulle woon in stegies en agterbuurte en plakkerskampe…
August 21, 2007 at 8:55 pm
*moet nooit
August 22, 2007 at 5:27 am
Hi Johan, ek haal aan uit Evolusie (1) “maar dis vir my sinneloos om te begin met ‘is daar ‘n God/Skepper’, want ek voel nie die bewyslas le^ by my nie. EK glo daar is ‘n God dus as JY nie in een glo nie, bewys dit”. Daar is hope bewyse van die een (die God van die Bybel), maar nie van die ander (”alien” of E.T. dan nou…) E.T. het ook nie vir ons ‘n handleiding (Bybel) gelos nie, wat (tot vervelens toe) korrek bewys is (weerens gaan lees o.a. The New Evidence that Demands a Verdict - Josh McDowell). Ek het ook nie geglo in God nie Johan. Vir 19 jaar lank, maar dis waar wat van Zyl se^ nl wanneer jy homself leer ken, dan kom die antwoorde. Nou kan jy maar klippe in die bos gooi en strikvrae vra dat dit by jou ore uit kom. Ek het Hom ontmoet en dus weet ek Hy bestaan. Ek het nog nie vir E.T. ontmoet nie. Hy’t nog nie met my gepraat deur die natuur of deur die Heilige Gees nie of deur my kinders se asempies nie (ens ens ens ens) dus is dit vir my onmoontlik om in hom te glo. Sterkte in jou soektog na die ware God.
August 22, 2007 at 9:21 am
Okay Johan, jy het my gehad, jy sien ek kom soveel keer in aanraking met mense wat weier om te glo, dat ek onmiddelik oorgaan in ” debat overdrive”

Ja ek weet van daai aliens, hulle pak my erf vol takkies en goeters…….
So gepraat daarvan, Roer jy sal onthou ek het die Afrika Tekens al bespreek, die wat nie weet wat dit is nie, kyk op http://www.akska.co.za
Nou ja, ek en Lukas het dit al bespreek en uitgevind dat van die swartes vat die goed na sangomas toe, om dit te “toor”dat ons dit nie kan sien nie. Nou voor ek tekens lees bid ek gewoondelik vir hulp en beskerming.
Die eendag het ek dit NIE gedoen nie, en besluit ek gaan die goed optel en in my bediende se aantrek plekkie gaan pak. Ek wou haar ‘n bietjie met haar eie medisyne vang.
Wat ‘n fout ! Ek het hartloppings gekry, sweet uitgeslaan, hoofpyn ontwikkel, naar geword en wou omkap. (onthou ons praat hier van takkies en papiertjies) Ek het amper “uitgepass”. My vrou het gedink ek het ‘n marathon gehardloop. Eers nadat ek om vergifnis gevra het, dat ek Satan se goed wou gebruik en die goed verbrand het, het ek beter gevoel.
August 22, 2007 at 11:44 am
DIS nou hoe ek van ‘n blog hou!!!
Me like!!!
August 22, 2007 at 12:33 pm
Ek is nou te lui om te gaan soek wie dit geskryf het, maar die woorde bly by my:
“For those who believe, no evidence is necessary. For those who don’t believe, no evidence is sufficient”
August 22, 2007 at 2:50 pm
terloops
my bedoeling was nie om ET gelyk te stel aan God nie. dit het gegaan om bewyslas en dies meer. sover dit my aangaan kan daar lewe op ander planete wees.
maar.
indien evolusie ‘n juiste oplossing is vir ons hierwees, is die kans dat daar lewe op ander planete is, uiters skraal.